SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Nog Sport
Bokshelde looi mekaar in bekgeveg

Die vyandigheid tussen Gennady Golovkin en Canelo Alvarez kan Saterdag in Las Vegas se T-Mobile arena soos ’n vulkaan tot uitbarsting kom.

Gennady Golovkin / Foto: Getty Images

Golovkin verdedig sy middelgewigtitels van die Internasionale Boksfederasie, Wêreldboksvereniging en Wêreldboksraad teen Alvarez.

Dié twee boksers het mekaar in September verlede jaar in dieselfde arena gepak.

Dít was ’n fantastiese geveg, met ’n omstrede gelykop-uitslag.

Sedertdien is Alvarez vir ses maande geskors ná hy positief vir die verbode middel clenbuterol getoets is.

Die Mexikaan hou vol hy het die middel ingekry deur besmette beesvleis te eet.

Golovkin hou op sy beurt vol dat Alvarez ’n leuenaar is.

“Hy (Alvarez) is vals. Hy is ’n leuenaar. Hy is ’n slegte ou. Ek het geen respek vir hom nie,” het die briljante vegter van Kazakhstan aan The Los Angeles Times gesê.

“Hy tree op asof hy slimmer as ons almal is en hy dink die ondersteuners is dom.”

Canelo Alvarez / Foto: Getty Images

Abel Sanchez, Golovkin se afrigter, het ook kaalvuis onder Alvarez ingeklim.

“Hulle (Alvarez en sy promotor, Oscar de la Hoya) probeer al die slegte dinge onder ’n mat invee, maar ek sal aanhou om daaroor te praat,” het hy gesê.

Hierdie knaende aanvalle op sy karakter het Alvarez briesend.

“Ná alles wat gesê is, wil ek net in die kryt klim en hom (Golovkin) seermaak,” het hy gesê.

“Ek weet ek kan hom uitslaan, want ek het hom in die eerste geveg seergemaak.”

Volgens De La Hoya het hy Alvarez nog nooit so gemotiveerd gesien om iemand uit te slaan nie.

“Canelo is ’n trotse vegter en hy wil as een van die grotes onthou word. Die enigste manier waarop hy oortuigend kan wen, is om Golovkin uit te slaan,” het hy gesê.

* Die toernooi word Sondag van 02:00 op SuperSport 2 uitgesaai.

Meer oor:  Boks  |  Canelo Alvarez  |  Gennady Golovkin
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.