Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Sunny knorrig oor ‘inentings-paspoort’
Die bokskampioen Sunny Edwards oorweeg dit om op te hou boks indien die Britse regering voortgaan met planne om ’n ‘inentingspaspoort’ verpligtend te maak. Foto: Getty Images

Die bokskampioen Sunny Edwards dreig om op te hou veg omdat Brittanje beplan om Covid-19-“inentingspaspoorte” in te stel.

Boris Johnson, Britse premier, het Dinsdag gesê die land dink daaraan om in September sulke “paspoorte” verpligtend te maak.

Mense wat nie kan bewys dat hulle teen Covid-19 ingeënt is nie, sal daarsonder nie by nagklubs of groot byeenkomste ingelaat word nie.

Edwards, die Internasionale Boksfederasie se vlieggewigkampioen, het dadelik via Twitter laat weet dat hy eerder sy bokshandskoene sal ophang as om by die regering se planne in te val.

Die 25-jarige Edwards het sy titel in April gewen toe hy Moruti Mthalane oortuigend met punte verslaan het.

Nog ’n Britse bokser, Josh Taylor, het hom volgens The Mirror ook teen Johnson se “diktatoriale planne” uitgespreek.

Taylor is die Wêreldboksraad se ligweltergewig-kampioen.

Die swaargewig-kampioen Anthony Joshua het hom nog nie oor sy regering se planne uitgelaat nie.

Dis egter onwaarskynlik dat hy daarteen sal wees, want hy is op rekord dat hy ten gunste van die inentingsprogram is.

Joshua het Dinsdag bekend gemaak dat sy geveg teen Oleksandr Usyk van Oekraïne op 25 September in die Tottenham Hotspur-stadion in Londen sal plaasvind.

Joshua hoop volgens Sky Sports dat daar minstens ’n paar duisend toeskouers by die geveg toegelaat sal word. – Sportredaksie

Meer oor:  Boris John­Son  |  Brittanje  |  Covid-19  |  Boks  |  Inentingspaspoorte  |  Ibf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.