Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Bokskampioen ongedeerd ná botsing
Zolani Tete het geen ernstige beserings in die motorongeluk opgedoen nie en sal weer kan boks. Foto: Gallo Images

Die voormalige boks-wêreldkampioen Zolani Tete het geen ernstige beserings opgedoen in ’n trompop botsing waarin hy Sondagnag betrokke was nie.

Tete, ’n voormalige kapokgewigkampioen van die Wêreldboksorganisasie (WBO), het laat Sondagaand met sy motor net buite Oos-Londen reg van voor teen ’n ander motor gebots.

Die bokser en twee van sy passasiers is na die Cecilia Makiwane-hospitaal geneem vir ’n ondersoek, waar bevind is dat hulle ongedeerd is.

’n Foto wat een van Tete se boksvriende, Sivenathi Nontshinga, op Instagram geplaas het, wys dat die motor waarin Tete-hulle gery het ’n wrak is.

Tete het in November 2019 laas geboks toe hy in Birmingham in Engeland deur Johnriel Casimero van die Filippyne in die derde ronde uitgeslaan is.

Casimero verdedig die WBO-titel, wat hy by Tete afgeneem het, op 14 Augustus in Carson in Amerika teen Guillermo Rigondeaux van Kuba. – Sportredaksie

Kyk hier na Zolani Tete se vorige geveg teen John Riel Casimero:

Meer oor:  Boks  |  Zolani Tete
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.