Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Bokslegende Nick Durandt sterf

Die legendariese Suid-Afrikaanse boksafrigter Nick Durandt is Vrydag in ’n motorfietsongeluk naby Clarens in die Vrystaat dood.

Die boksafrigter Nick Durandt. Foto: Gallo Images

Durandt, wat die president van die Crusaders-motorfietsklub was, was volgens berigte tussen Bethlehem en Clarens in die Vrystaat betrokke in ’n botsing met ’n ander voertuig.

Durandt, wat meer bokskampioene as enige ander Suid-Afrikaanse afrigter na bo gehelp het, het verlede jaar ná sowat 30 jaar se betrokkenheid by die sport uitgetree.

Hy was 53.

Durandt het sowat 30 wêreldkampioene, 27 internasionale kampioene en 95 Suid-Afrikaanse kampioene afgerig.

Van die voorste boksers wat onder sy hand wêreldtitels verower het, is Thulani “Sugarboy” Malinga, die driemalige Suid-Afrikaanse en wêreldkampioen Phillip Ndou, Cassius Baloyi, Silence Mabuza, Isaac Hlatshwayo, Jacob Mofokeng, Jeffrey Mathebula, Malcolm Klassen, Siphiwe Nonqayi, Hawk Makepula, Zolani Tete en Moruti Mthalane.
– Sport24

Meer oor:  Nick Durandt  |  Dood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.