Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Floyd wil vir George Floyd-begrafnis opdok
Die Amerikaanse bokser Floyd Mayweather. Foto: Getty Images

Die boksster Floyd Mayweather het aangebied om te betaal vir die begrafnis van George Floyd, die 46-jarige Afro-Amerikaanse man wat in polisieaanhouding dood is nadat polisielede hom in Minneapolis, Minnesota op ’n teerstraat vasgepen het en een sy knie op sy keel gehou het.

Die voormalige bokskampioen se bemarkingsmaatskappy, Mayweather Productions, het sy aanbod op Twitter bevestig, terwyl verskeie plaaslike mediaberigte aandui dat Floyd se gesin dit aanvaar het.

Derek Chauvin, die 44-jarige Minneapolis-polisieman wat sy knie op Floyd se keel gehou het, is in hegtenis geneem op aanklagte van moord in die derde graad en manslag in die tweede graad. Drie ander polisielede wat betrokke was by die voorval is nie aangekla nie.

Die voorval het betogings oor ras en polisiewreedheid in verskeie Amerikaanse state en oorsee tot gevolg gehad. Sportlui en beroepsligas wêreldwyd, insluitende die NBA-legende Michael Jordan en die gholfster Tiger Woods, het hul ook daaroor uitgelaat.

Steve Bisciotti, eienaar van die NFL se Baltimore Ravens, het $1 miljoen geskenk ten bate van die hervorming van maatskaplike regte en gesê ’n groep huidige en voormalige spelers sal besluit watter organisasie daarby sal baat.

“Ons moet almal nuwe maniere ontdek om te verenig. Ons moet almal saamwerk om die siklus van sistematiese ongeregtigheid te breek,” sê Bisciotti in ’n verklaring.

– Reuters

Meer oor:  George Floyd  |  Polisiegeweld  |  Boks  |  Floyd Mayweather
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.