Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Bokstoernooi deur regering afgestel

’n Bokstoernooi wat Saterdag in die Dominikaanse Republiek sou plaasvind, is op die nippertjie deur dié land se regering afgestel.

Norbelto Jimenez boks nie meer Saterdag in Santo Domingo nie.Foto: Facebook

Altesame ses gevegte sou deur Shaun Boxing in die Carlos Cruz-arena in Santo Domingo op die program gewees het.

Die super-vlieggewigte Norbelto Jimenez en Eliezer Aquino sou mekaar in die hoofgeveg gepak het.

Daar was groot afwagting onder plaaslike ondersteuners vir dié geveg nadat ’n vorige kragmeting tussen dié twee vegters ’n paar jaar gelede gelykop geëindig het.

Vroeër in die week het die promotors nog ’n omvattende lys van gesondheidsmaatreëls bekend gemaak wat voor en gedurende die toernooi gevolg sou word.

Die regering het egter laat Donderdag besluit om eerder die toernooi te kanselleer.

Daar is reeds 485 mense weens die Covid-19-pandemie in die Dominikaanse Republiek dood. – ESPN

Meer oor:  Boks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.