Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Bokswêreld kyk grootoog na dié geveg
06 September 2018

As jy wil weet wie gaan Saterdag se groot boksgeveg in New York tussen Shawn Porter en Danny Garcia wen, vra vir Keith Thurman.

Hier lyk Danny Garcia (links) en Shawn Porter (regs) nog heel vrolik. Hulle boks Saterdag in New York teen mekaar. Foto: Getty Images

Porter en Garcia pak mekaar in die Barclay-sentrum om die vakante weltergewigtitel van die Wêreldboksraad (WBR).

Thurman het die titel onlangs prysgegee omdat hy nog van elmboog- en hand-operasies herstel en dit nog ’n tydjie kan neem voor hy weer in aksie sal wees.

Thurman het al teen Porter sowel as Garcia geboks, so hy is die regte man om te voorspel wie van die twee gaan wen.

“Garcia slaan beslis harder as Porter, maar Porter gooi baie meer houe as Garcia,” het Thurman aan CBC Sports gesê.

Keith Thurman kon sy WBR-titel weens beserings nie nou verdedig nie en moes dit prysgee. Hy reken Porter is dalk die gunsteling om teen Garcia te wen. Foto: Getty Images

“Porter is ook vinniger as Garcia en sy verdediging is beter. Hy kan boonop ’n harde hou goed verduur.

“Ek dink hy (Porter) sal wen as die geveg die volle aantal rondes duur. Die enigste manier waarop Garcia kan wen, is met ’n uitklophou.”

“Dis presies wat ek gaan doen. Ek gaan Porter uitslaan. Ek weet hy is nog nooit uitgeslaan nie, maar daar is altyd ’n eerste keer,” het Garcia gesê.

Garcia was in Februarie laas in aksie toe hy Brandon Rios met ’n tegniese uitklophou verslaan het.

Porter se laaste geveg was in November verlede jaar toe hy met punte teen Adrian Granados baas was.

Meer oor:  Boks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.