Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
‘Borge moet help in stryd teen opkikkers’

Maatskappye kan nie net sport borg nie, hulle moet ook finansieel bydra tot die stryd teen opkikkers in sport.

Só sê Witold Banka, wat in Januarie die leierskap oorneem van die Wêreldagentskap teen die gebruik van verbode middels (Wada).

Witold Banka word die nuwe grootbaas van Wada. Foto: Getty Images

Dié 35-jarige Pool sal Craig Reedie opvolg.

Banka sê die organisasie het dringend inkomste nodig en die borg van sportbyeenkomste kom met ’n verantwoordelikheid.

Hy het by ’n teenopkikker-konferensie in Katowice, Pole, gepraat en gesê dit is nie ’n nuwe idee om groot borge te betrek as deel van hul maatskaplike verantwoordelikheid nie.

“Dit is een van my grootste take: om groot maatskappye te oorreed om hulle by die Olimpiese teenopkikker-solidariteitsfonds aan te sluit,” sê hy.

Wada het ’n jaarlikse begroting van sowat $35 miljoen (sowat R516 miljoen), terwyl die algehele besteding aan teenopkikker-programme, insluitend dié van nasionale teenopkikker-agentskappe, nie meer as $260 miljoen oorskry nie.

Uitsaaiers bestee egter miljarde dollars om die uitsaairegte van groot sportgeleenthede soos die Wêreldbeker-sokkertoernooi en die Olimpiese Spele te bekom.

Olimpiese borge sal die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) vir ’n tydperk van vier jaar $1 miljard betaal om amptelik met die Spele vereenselwig te word en sowat $5 miljard vir Spele-regte.

Om skelms uit te vang, het Wada nuwe inkomstebronne nodig, meen Banka.

“Ons het ander oplossings nodig om die begroting vir die stryd teen opkikkers te verhoog.”

Wada het die afgelope vier jaar gestry teen ’n groot Russiese opkikkerskandaal, wat hom baie geld gekos het.

“Ons moet sport se grootste vennote oorreed om ook ’n borg van skoon sport te wees,” sê Banka.

– Reuters

Meer oor:  Atletiek  |  Verbode Middels  |  Witold Banka  |  Wada  |  Opkikkers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.