Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Bottas bo in Oostenrykse F1-ren

Die Formule Een-renseisoen het Sondag in Spielberg, Oostenryk, op dramatiese wyse ná die Covid-19-pandemie op die Red Bull Ring hervat toe Valtteri Bottas (Mercedes) die Oostenrykse Grand Prix gewen het.

Mercedes se Valtteri Bottas ná sy sege in Sondag se Oostenrykse F1-Grand Prix in Spielberg. Foto: Reuters

Bottas se Mercedes-spanmaat en die huidige wêreldkampioen, Lewis Hamilton, het tweede geëindig, gevolg deur Charles Leclerc (Ferrari), Nando Norris (McLaren), Carlos Sainz jr. (McLaren) en Sergio Perez (Racing Point).

Maar nadat Hamilton en Alexander Albon (Red Bull) albei met vyf sekondes gestraf is ná ’n ligte botsing kort voor die einde, is Leclerc tweede geplaas, Norris derde en Hamilton vierde.

Net 11 jaers het die ren voltooi nadat nege, insluitende Max Verstappen, nie daarin kon slaag nie.

Voor die ren het ses van die jaers, insluitende Verstappen en Leclerc, nie meegedoen aan die protesaksie teen rassisme deur op hul een knie te sak nie. – Sportredaksie

Formule Een
Van die renjaers sak op hul een knie voordat die Oostenrykse Grand Prix begin. Foto: Reuters
Meer oor:  F1  |  Formule Een  |  Oostenrykse Grand Prix
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.