Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Ster-renjaers gaan F1-motors in Sandton jaag
Valtteri Bottas sit vandeesweek in Barcelona voet in die hoek in sy Mercedes. Formule Een-spanne doen wintertoetse daar vir die komende seisoen. Foto: Getty Images

Formule Een-enjins gaan eersdaags weer in Johannesburg brul ... maar dit gaan nie op die Kyalami-renbaan wees nie.

Heineken en Gauteng se provinsiale regering gaan saamspan om op 29 Maart ’n F1-fees in Johannesburg aan te bied.

Die huidige F1-ster Valtteri Bottas (Mercedes) en ’n voormalige held, David Coulthard, sal as deel van die fees aan ’n kort wedren deur die strate van Sandton deelneem.

Suid-Afrika se enigste F1-wêreldkampioen, Jody Scheckter, sal ook die toeskouers vermaak deur die Ferrari-renmotor waarmee hy die wêreldtitel in 1979 gewen het, deur sy passies te sit.

Jody Scheckter verlede jaar in sy 1979-Ferrari by die Italiaanse Grand Prix in Monza, waar hy die 40-jarige herdenking van sy wêreldtitel gevier het. Dié renmotor is nou ook na Suid-Afrika op pad. Foto: Getty Images

Benewens Bottas se Mercedes-span, sal Aston Martin Red Bull en Renault F1 ook van hul renmotors stuur, berig SuperSport.com.

Die fees, wat verskeie uitstallings van ren- en supermotors, asook ander interaktiewe aktiwiteite sal insluit, sal om 13:30 begin, met die mini-wedren wat om 15:30 begin. Van 17:00 af sal feesgangers met optredes deur verskeie musiekgroepe vermaak word.

Kaartjies van so goedkoop as R60 per persoon is by Computicket beskikbaar.

Scheckter, wat ook die president van die Suid-Afrikaanse Grand Prix is, sê dié land het ’n lang verbintenis met die sport en dié fees sal aan aanhangers die kans bied om die renmotors en van hul helde in lewende lywe te sien.

Die laaste F1-Grand Prix wat in Suid-Afrika aangebied is, was in 1993 op Kyalami.

Die eerste F1-GP in Suid-Afrika was in 1962 in Oos-Londen en is deur Graham Hill gewen.

Coulthard-hulle het Wes-Kaapse aanhangers van die sport ook verlede jaar vermaak deur met hul Aston Martin Red Bull-motors op ’n straatbaan in die Kaapse middestad te jaag.

– Sportredaksie

Meer oor:  F1  |  Motorsport  |  David Coulthard  |  Valtteri Bottas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.