Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Bottas eindig voor Hamilton in oefenren

Valtteri Bottas het Saterdag voor sy spanmaat Lewis Hamilton geëindig in die finale oefenronde vir die Hongaarse Grand Prix-ren.

Valtteri Bottas was die vinnigste in Saterdag se oefenronde van die Hongaarse Grand Prix-ren. Foto: Getty Images

Mercedes het die eerste twee plekke opgeraap met die Fin wat in 1 minuut, 15.437 sekondes die eindstreep oorgesteek het op ’n bewolkte dag.

Hamilton, die sesmalige kampioen, was tweede en net 0.42 sekondes stadiger as Bottas.

Die Mexikaan Sergio Perez, wat Racing Point verteenwoordig met sy renmotor wat byna ’n kopie is van verlede jaar se seëvierende Mercedes, was derde.

Ferrari se Charles Leclerc het die vierde vinnigste tyd opgestel, terwyl Perez se spanmaat Lance Stroll vyfde was op ’n baan wat aanvanklik nat was weens olie wat agtergelaat is van die Formule-3-ren.

Red Bull se Max Verstappen, wat verlede jaar voor weggespring het in Hongarye, het die sesde vinnigste tyd behaal.

Hamilton sal Sondag ’n agtste oorwinning by die Hongaarse Grand Prix teiken.

As hy dit regkry, sal hy Ferrari se Michael Schumacher se rekord ewenaar vir die meeste keer ’n oorwinning by dieselfde Grand Prix-ren behaal.

Die Brit is ses punte agter Bottas, wat in Oostenryk gewen het, op die puntelys. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.