Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Bottas klop Hamilton vir voorste plek

Valtteri Bottas het Saterdag naelskraap die voorste wegspringplek vir Sondag se Eifel-Grand Prix opgeraap met sy Mercedes-spanmaat, Lewis Hamilton, wat by hom in die voorste ry sal aansluit in Nürburgring in Duitsland.

Red Bull se Max Verstappen het in die derde plek gekwalifiseer met Ferarri se Charles Leclerk wat in die vierde plek sal wegtrek.

Valtteri Bottas van Mercedes sal Sondag voor wegspring in Duitsland. Foto: Getty Images

Bottas sal vir die derde keer in 2020 voor wegspring en Mercedes sal vir die 11de keer in 11 wedrenne dié posisie geniet by die wegspringpunt.

Dit het egter ’n groot poging van die Fin geverg om vir Hamilton met 0.256 sekondes te klop in die kwalifiserende rondes.

“Dit is ’n lekker gevoel wanneer jy dit in jou laaste rondte gaps met ’n laaste oomblik,” het Bottas gesê.

Dit sal die 14de keer in sy loopbaan wees dat hy voor wegspring.

“Die laaste rondte in die derde kwalifiserende ren was perfek, net wat ek benodig het. Dit was lekker dat dinge uitgewerk het.”

Die Fin is 44 punte agter sy spanmaat en sesmalige wêreldkampioen, Hamilton, wat steeds sy kanse goedgunstig sal ag om Michael Schumacher se rekord van 91 GP-seges te ewenaar op ’n baan wat in 2013 laas as gasheer vir ’n F1-ren opgetree het.

Albei sal met sagte bande begin.

Hamilton het Bottas geluk gewens, maar bygevoeg dat hy nie nou kan bekostig om konsentrasie te verloor nie.

“Daar is Sondag baie op die spel so ek moet gefokus bly.”

Verstappen sê hy het onderstuur ervaar tydens ’n belangrike oomblik van die kwalifisering.

“Wanneer dit so koud is en jy onderstuur, dan greineer die voorste bande, so dit vreet basies die rubber en dit het my tyd gekos,” het die 23-jarige Nederlander gesê.

“Ons kom al hoe nader aan Mercedes en ek dink dit is ’n baie positief.”

Red Bull se Alexander Albon het vyfde gekwalifiseer, met Renault se spanmaats, Daniel Ricciardo en Esteban Ocon, wat onderskeidelik sesde en sewende was.

McLaren se Brit Lando Norris sal in die agtste plek wegspring, met Sergio Perez negende en Calos Sainz 10de. – Sportredaksie, Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.