Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Bottas tot einde 2021 by Mercedes
Valterri Bottas glo dat hy vorentoe sukses kan proe deur by Mercedes te bly. Foto: Getty Images

Die Formule Een-renjaer Valtteri Bottas sien daarna uit om aanstaande seisoen te veg om as wêreldkampioen gekroon te word nadat Mercedes aangekondig het dat dié Fin tot aan die einde van 2021 vir hom sal ry.

Dit was te wagte aangesien Mercedes vroeër reeds aangedui het dat hy dié 30-jarige se dienste graag vir ’n vyfde agtereenvolgende seisoen sal wil hê.

Die verwagting is ook dat die span volgende seisoen steeds oor Lewis Hamilton, ’n sesmalige kampioen wie se kontrak aan die einde van die jaar verstryk, se dienste sal beskik.

“Ek is vol vertroue dat ons oor die sterkste renpaar vandag in F1 beskik en om Valtteri te teken is ’n belangrike eerste stap om daardie krag die toekoms in te neem,” sê Toto Wolff, spanbaas van Mercedes.

Valtteri is ’n hardwerkende en reguit persoon wat ’n goeie verhouding met almal in die span, sy spanmaat ingesluit, het.
Toto Wolff

“Valtteri is ’n hardwerkende en reguit persoon wat ’n goeie verhouding met almal in die span, sy spanmaat ingesluit, het. Dit is iets wat nie ’n gegewe is wanneer albei in die kampioenskap meeding nie.”

Hamilton loop voor op die punteleer van die kampioenskap ná die eerste vier wedrenne – ’n volle 30 punte voor Bottas wat in die tweede plek is. Die Brit sal boonop Sondag op Silverstone vir sy vierde agtereenvolgende oorwinning die seisoen mik.

Bottas moes in 2019 strooijonker speel toe Hamilton die wêreldkampioenskap ’n sesde keer gewen het. Hy het wel die eerste wedren van die huige seisoen, in Oostenryk, gewen.

“Die afgelope paar jaar het alles daaroor gegaan om gedurig te verbeter en aan elke aspek van my vertoning aandag te gee. Ek is vol vertroue dat ek vandag die sterkste is wat ek tot nog toe was, maar daar is altyd nog ruimte vir verbetering,” sê Bottas.

“Ek is in die wedloop vir die titel vanjaar en as ek by Mercedes aanbly, plaas ek myself in die beste moontlike posisie om volgende jaar weer ’n aanspraakmaker te wees.” – Reuters

Meer oor:  Valterri Bottas  |  Toto Wolff  |  Duitsland  |  Grand Prix  |  Mercedes  |  Formule Een  |  Motorsport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.