Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Brad Binder behaal eerste MotoGP-sege

Ná net drie renne op die hoogste vlak van motorfietsrenne kan Brad Binder homself uiteindelik iets noem waarvan hy al jare droom: ’n MotoGP-kampioen.

Brad Binder tydens Sondag se Tsjeggiese Grand Prix, wat hy gewen het. Foto: AP

Binder het Sondagmiddag in Brno, Tsjeggië die eerste Suid-Afrikaner ooit geword wat ’n MotoGP-ren wen, toe hy koning gekraai het in die Tsjeggiese Grand Prix.

Hy het die voortou met tien rondtes oor geneem, en dit nooit weer verloor nie.

Die Italianer Franco Morbidelli het tweede geëindig, met die Fransman Johann Zarco, wat eerste weggespring het, derde.

Die jong Krugersdorper vier Dinsdag sy 25ste verjaarsdag, maar geen geskenk sal kom by die een wat hy Sondag vir homself gegee het nie.

“Ek droom al hiervan sedert ek ’n klein seuntjie is,” het hy in ’n TV-onderhoud gesê. “Nou is dit waar, ek het my eerste Grand Prix gewen! Hopelik is dit die eerste van baie.”

Meer volg later.

Meer oor:  Motogp  |  Brad Binder
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.