Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Brad Binder kruip al hoe nader
Brad Binder (regs) het Sondag op die Algarve-baan in Portugal gewys dat hy nie durf onderskat word nie. Hy het vyfde in dié MotoGP-ren geëindig nadat hy in die 15de posisie weggespring het.Foto: Reuters

Suid-Afrika se Brad Binder (KTM) het nog baie fut in hom en het Sondagmiddag op die Algarve-renbaan in Portugal die voorste jaers in MotoGP opnuut van sy jaagvernuf laat kennis neem.

Binder, wat slegs in die 15de posisie weggespring het, het uitstekend gevaar en vyfde geëindig in die Portugese Grand Prix, terwyl hardebaarde soos Valentino Rossi, Jack Miller, Alex Rins en Johann Zarco geval het en nie die ren kon voltooi nie.

Die Franse jaer Fabio Quartararo (Yamaha) het sy eerste plek in die vorige ren in Doha opgevolg met sy tweede opeenvolgende oorwinning.

Hy het 4,809 sekondes voor Francesco Bagnaia (Ducati) geëindig, met Joan Mir (Suzuki) derde.

Binder het slegs 6.668 sek. ná Quartaro geëindig.

Binder het slegs 6.668 sek. ná Quartaro geëindig.

Quartaro is nou 15 punte voor op die kampioenskapspuntelys met 61 punte.

Hy word gevolg deur Bagnaia (46) en Maverick Vinales (41). Binder is in die agtste plek (21), maar voor ysters soos Miller, Franco Morbidelli, Takaaki Nkagima, Luca Marini en Iker Lecuona

Quartararo en Rins was aanvanklik in ’n kwaai tweestryd gewikkel, maar nadat Rins met sewe rondtes oor geval het, was daar geen druk meer op die Fransman nie.

Intussen het Binder al hoe sterker na vore getree, maar was die ren byna verby.

Marc Marquez het Sondag sewende geëindig in die Portugese MotoGP – sy eerste wedren ná ’n ernstige ongeluk sowat nege maande gelede. Foto: AP

• Daar was groot opgewondenheid toe die sesmalige wêreldkampioen Marc Marquez, wat nege maande laas kon jaag ná ’n ernstige ongeluk, weer weggespring het.

Marquez, wat deur die dokters gewaarsku is dat hy nie die volle gevoel in sy regterarm sou hê ná drie operasies nie, het sewende geëindig, een posisie voor sy jonger broer, Alex.

• In die Moto3-ren het Brad Binder se jonger broer, Darryn, teëspoed opgetel nog voordat die resies begin het.

Die 16-jarige groentjie Pedro Acosta (KTM) het sy tweede agtereenvolgende ren gewen toe hy 0.051 sekondes voor Dennis Foggia geëindig het, met nog ’n Honda-jaer, Andrea Migno, derde.

Binder (Petronas Sprinter) en Deniz Oncu (Tech3) is voor die ren aangesê om vanuit die kuipelaan weg te spring nadat hulle gestraf is omdat hulle onverskillig was in kwalifisering.

Daar was toe bitter min kans op enige sukses en Binder het 20ste klaargemaak

Acosta is gemaklik voor op die kampioenskapspuntelys gevolg deir Jaume Masia (30 punte) met Binder (36) derde.

Die volgende ren, die Spaanse Grand Prix, is op 2 Mei in Jerez. – autosport.com

Meer oor:  Brad Binder  |  Fabio Quartararo  |  Suid-Afrika  |  Portgugal  |  Ktm  |  Motopg  |  Motorfietsrenne
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.