Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Brad Binder wen ook in Maleisië
Brad Binder (links) stof vir Alex Marquez uit in Sondag se Maleisiese Moto2-Grand Prix in Sepang. Foto: Reuters

Die Suid-Afrikaanse motorfietsrenjaer Brad Binder het Sondag in Sepang die Maleisiese Moto2-Grand Prix gewen, maar dit was nie genoeg om die Spanjaard Alex Marquez van die wêreldtitel af weg te hou nie.

Dit was die 24-jarige Binder se vierde sege vanjaar – boonop in die laaste agt renne – en sy tweede opeenvolgende oorwinning nadat hy ook verlede week in Australië gewen het.

Brad Binder met die wennerstrofee nadat hy Sondag in Sepang die Maleisiese Moto2-Grand Prix gewen het. Foto: AP

Marquez (Kalex) het 0.758 sekondes agter Binder geëindig, met Thomas Luthi (Kalex) derde.

Maar Marquez (262 punte), wat vyf van die eerste tien renne in vanjaar se reeks gewen het, het met sy tweede plek genoeg punte ingesamel om as vanjaar se kampioen gekroon te word.

Binder (234) is met net een ren in Valencia oor, in die tweede plek en word gevolg deur Luthi (230).

Binder (KTM), wat die vinnigste oefentyd opgestel het, het, het Sondag die voortou reeds in die eerste draai geneem, maar in die sesde rondte tot derde teruggesak.

Hy het vyf rondtes voor die einde weer vir Marquez verbygesteek om enduit voor te bly.

“Die doel was om die ren te wen. Ons het alles gegee. Ek het die maksimum druk op Alex geplaas, maar hy het ongelooflik gejaag en ek moet hom met sy wêreldkampioenskap geluk wens,” het Binder op bradbinder41.com gesê.

* In die Moto GP het Maverick Vinales (Yamaha) byna van die wegspring af voorgeloop om Marc Marquez (Honda) en Andrea Dovizioso (Ducati) uit te stof.

Marquez, die ouer broer van Alex Marquez, is reeds ’n paar weke gelede as die Moto GP-wêreldkampioen gekroon.

Marquez, wat slegs 11de weggespring het, het gaandeweg sy weg oopgeveg om 3.059 sekondes agter Vinales te eindig. – motorsport.com en Sportredaksie

Meer oor:  Brad Binder  |  Moto2-Grand Prix
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.