Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Brad Binder maak stem dik in Duitse GP
So naby! Die Suid-Afrikaner Brad Binder (KTM, naasregs) op die hakke van die Fransman Fabio Quartararo (Yamaha) in Sondag se Duitse Grand Prix. Quartararo het Binder rakelings om die derde plek uitgestof. Foto: Reuters

Nou vir ’n podiumplek!

Dit is die boodskap wat Suid-Afrika se Brad Binder (KTM) aan die res van die MotoGP-jaers uitgestuur het nadat hy vierde in Sondag se Duitse Grand Prix op die Sachsenring-baan geëindig het.

Die Grand Prix is deur Marc Marquez (Honda) gewen, met Miguel Oliveira (KTM) tweede en Fabio Quartararo (Yamaha) derde.

Marc Marquez

Dit was Marquez, ’n sesmalige wêreldkampioen, se 11de opeenvolgende sege op Sachsenring.

Hy het die 30 rondtes in 41:07.243 afgeblits en Binder het slegs 7.9223 sekondes ná Marquez klaargemaak.

Dit was Marquez, wat baie emosioneel ná sy sege was, se eerste oorwinning vanjaar nadat hy verlede jaar ná ’n ernstige ongeluk vir 18 maande nie kon jaag nie.

Binder het in die vyfde ry in die 13de posisie weggespring, maar met puik ryvernuf vroeg tot die sewende plek opgeskuif.

Hy het verder verbeter terwyl dit liggies begin reën het en ervare jaers soos Johann Zarco, Joan Mir en Jack Miller ook verbygesteek.

Hy was op Quartararo, die voorloper op vanjaar se puntelys, se agterwiel toe hulle verby die geruite vlag gejaag het.

Die KTM-span se aanvanklike kraglewering-probleme is nou iets van die verlede en ná Oliviera en Binder se puik vertonings, is die grondslag nou gelê vir ’n suksesvolle seisoen.

Binder (56 punte) het danksy sy goeie vertoning van agtste na sewende op die kampioenskapspuntelys opgeskuif.

Binder (56 punte) het danksy sy goeie vertoning van agtste na sewende op die kampioenskapspuntelys opgeskuif.

Quartararo (131) is steeds voor, gevolg deur Johann Zarco (109) en Miller (100).

• In die Moto3-ren het Brad se jonger boetie, Darryn, 14de geëindig nadat hy met ’n tydboete gestraf is weens ’n oortreding tydens kwalifisering.

Die ren is deur Pedro Acosta (KTM Ajo) gewen, met Kaito Toba (CIP Green Power) tweede en Dennis Foggia (Leopard Racing) derde.

Die volgende ren is komende Sondag se Nederlandse Grand Prix.

Meer oor:  Brad Binder  |  Duitsland  |  Suid-Afrika  |  Motorfietse  |  Ktm  |  Honda  |  Motogp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.