Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Breyton keer terug na Koue Bokkeveld
Die gewese Bok-vleuel Breyton Paulse is deesdae ’n kranige bergfietsryer. Foto: zcmc.co.za

Breyton Paulse keer in Februarie terug na sy plek van oorspring, maar dié keer in die saal van ’n bergfiets.

Dié voormalige Springbok-vleuel het hom ná sy uittrede toegespits op TV-kommentaarwerk en bergfietsry.

Die organiseerders van die Tankwa Trek-toer het bekend gemaak dat Paulse en sy spanmaat, Johan Coetzee, die speke gaan laat sing in dié wedren in die Koue Bokkeveld, wat volgende jaar oor vier skofte sal strek.

Dit begin op 7 Februarie buite Ceres.

Paulse het op die plaas De Keur in die Koue Bokkeveld grootgeword.

“Ek het so baie herinneringe daar, van speel in die berge tot werk op die plaas. Daar was so ’n gevoel van vrede toe ek daar grootgeword het.

“Dit is beslis ’n hoofstuk in my lewe wat ek koester,” sê Paulse.

Terwyl hy dikwels daar kuier, sal hy in Februarie vir die eerste keer dié streek op sy bergfiets verken.

“Dit sal ’n spesiale wedren vir my wees. Ek ken so baie van die boere daar en ek hou kontak met my skoolvriende wat steeds daar woon.

Dit sal ’n spesiale wedren vir my wees. Ek ken so baie van die boere daar en ek hou kontak met my skoolvriende wat steeds daar woon.
Breyton Paulse

“Dit sal wonderlik wees as hulle almal ons sal kom ondersteun.”

Paulse sê hy sien ook uit na die gasvryheid van die inwoners van die Klein-Karoo.

Paulse en Coetzee sal die Tankwa Trek gebruik as voorbereiding vir die Cape Epic, wat ’n maand later plaasvind.

“Ek hoor die Tankwa Trek is ’n taai wedren. Ek sien uit daarna om plekke te ontdek wat ek nog nie gesien het nie.

“Hopelik sal ek baie by Johan leer en hom nie te veel terughou nie,” sê Paulse. – Sportredaksie

Meer oor:  Breyton Paulse  |  Ceres  |  Rugby  |  Tankwa Trek  |  Oud-Springbok
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.