Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Britse bokser marsjeer voort na titelgeveg

Carlos Takam kan maar kerm soveel as wat hy wil, die Britse swaargewigbokser Joe Joyce se rekord wys hy is steeds onoorwonne ná 13 gevegte.

Regs raas Carlos Takam met die skeidsregter Steve Grey omdat hy die geveg gestop het. Links lig Joe Joyce sy arms in vreugde. Foto: Reuters

Joyce het Takam Saterdagaand in Londen met ’n tegniese uitklophou in die sesde ronde verslaan.

Danksy dié oorwinning bly Joyce op koers om iewers in die toekoms teen sy Britse landgenoot Anthony Joshua te boks.

Joyce is nou die eerste aanspraakmaker op Joshua se Wêreldboksorganisasie-titel.

Takam kla dat die skeidsregter Steve Grey die geveg té vroeg gestop het.

Hoewel die Fransman voel dat hy steeds kon aanhou veg, is dit baie onwaarskynlik dat enige skeidsregter in die wêreld nie die geveg in die sesde ronde sou stopgesit het nie.

“Ek dink ek het hom (Takam) met iets soos 20 houe agtereenvolgens getref sonder dat hy met enige van sy eie houe geantwoord het,” het Joyce aan Boxing News 24 gesê.

Hoewel Joyce gewen het, het hy nou ook nie juis die wêreld aan die brand geboks nie en het Takam hom veral vroeg in die geveg ’n bietjie laat steier.

Sy bestuurder, Sam Jones, was egter verheug oor die oorwinning.

Hy dink glo daaraan om Joyce volgende teen die gevaarlike Kubaan Luis Ortiz te laat baklei. – Sportredaksie

* Kyk hier na die geveg tussen Joe Joyce en Carlos Takam

Meer oor:  Boks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.