Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Britse GP: Ondersoek begin

Formule 1 se bandevervaardiger, Pirelli, het ’n dringende ondersoek geloods om agter die kap van die byl te kom nadat talle probleme die afgelope naweek in die Britse Grand Prix voorgekom het.

Mercedes se renjaers, Lewis Hamilton en Valtteri Bottas, sowel as McLaren se Carlos Sainz, het soortgelyke probleme ervaar, met ’n gebarste linkerband in ’n dramatiese einde tot Sondag se wedren op Silverstone.

Valtteri Bottas van Mercedes se linker-voorband was Sondag een van verskeie wat teen die einde van die Britse Grand Prix probleme gegee het. Foto: Getty Images

Bottas se band het eerste die gees gegee in die 50ste rondte voordat Sainz en Hamilton s’n kort daarna gevolg het.

Ofskoon Bottas en Sainz noodgedwonge hul bande moes vervang, kon Hamilton met net drie heel bande in die laaste rondte oor die wenstreep kruip om steeds te seëvier.

Mario Isola, Pirelli se baas, sê die Italiaanse vervaardiger sal nou ondersoek instel en hoop om teen Dinsdag al antwoorde te kan verskaf.

“Ons sal natuurlik ondersoek instel in wat in die laaste paar rondtes gebeur het,” het Isola luidens formula1.com gesê.

“Dit is nog ’n bietjie vroeg om enige gevolgtrekking te maak. Dit kan oor slytasie wees, want bande sal ná 38 rondtes redelik gaar wees, maar ek sê nie dat dit die oorsaak van die probleem was nie.

“Dit kon weens wrakstukke op die baan gewees het, want dele van die voorkant van Kimi (Räikkönen) se motor het op die baan gelê, maar daar was ook ander stukke.”

Isola sê hulle gaan nie net na die bande kyk wat probleme gegee het nie, maar na al die bande wat in die laaste paar rondtes in aksie was.

“Ons wil niks uitsluit nie en alles ontleed sodat ons geen moontlikhede uitsluit nie, want dit sal ’n fout wees in hierdie tipe ondersoek. Ons moet alles oorweeg.”

Volgens Isola het hy opgemerk dat die vlak van slytasie aan die meeste deelnemers se bande taamlik hoog was.

Pirelli het intussen besluit om sagter bande vir die komende naweek se wedren te gebruik. – Sportredaksie

Meer oor:  Lewis Hamilton  |  Carlos Sainz  |  Mario Isola  |  Valtteri Bottas  |  Formule 1-Ren  |  Pirelli
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.