Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Britte verslap kwarantyn vir sport

Deelnemers aan groot sportbyeenkomste in Engeland word vrygestel van kwarantyn-reisreëlings.

Die tweede been van Manchester City en Real Madrid se Kampioeneliga sal wel aanstaande maand in Manchester plaasvind nadat die Britse regering kwarantyn-reëls vir sportbyeenkomste verslap het. Foto: Getty Images

Die Britse regering het Vrydag aangekondig dat die kwarantynvereiste van 14 dae vir mense wat in Engeland aankom uit meer as 50 lande, waaronder Duitsland, Frankryk, Spanje en Italië, laat vaar word. Amerika tel egter nie onder dié 50 lande nie.

Volgens die minister van kultuursake, Oliver Dowden, sal sportlui en mense in die film- en televisiebedrywe Brittanje mag besoek ingevolge aangepaste reëls.

Dié stap is ’n positiewe een vir sportliggame soos die FIA. Die Silverstone-renbaan buite Northamptonshire sal op 2 en 9 Augustus Formule Een-wedrenne aanbied.

Dit sal die Engelse sokkerklub Manchester City toelaat om sy tuisstryd in die ronde van 16 in die Kampioeneliga teen Real Madrid in Augustus aan te bied.

Die Wêreld-snoekertoernooi, veerpyltjies, perdewedrenne en ander groot sportbyeenkomste sal ook bevoordeel word. – Reuters

Meer oor:  Britse Sport  |  Engeland  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.