Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Brownlee wil vasbyt tot 2021 se Spele

Alistair Brownlee, die tweemalige Olimpiese kampioen, het Woensdag bevestig dat hy sy titel op die Tokio-spele in 2021 sal verdedig.

Alistair Brownlee van Brittanje beoog nou om sy Olimpiese titel in driekamp in 2021 te probeer verdedig. Foto: Getty Images

Die 31-jarige Britse driekamp-spesialis was aanvanklik van plan om in Augustus, ná afloop van die Spele, sy aandag na Ysterman-kompetisies te verskuif, maar volgens hom sal hy dié skuif nou eers volgende jaar maak.

“Tokio-2020 sou 100% my laaste kortafstandwedloop wees, maar ek sal nou dit vir nog ’n jaar moet uitstel,” het Brownlee aan die Press Association gesê.

Die goue medaljewenner in Londen in 2012 en Rio de Janeiro in 2016 was in Nieu-Mexiko in die VSA besig om saam met sy broer, Jonny, te oefen toe hy van die uitstel van die Spele gehoor het.

“Die logiese gevolgtrekking is dat dit moeiliker gaan wees, want ek gaan ’n jaar ouer wees. Jy weet egter nooit wat in ’n jaar in ’n uithouwedloop kan gebeur nie.”

Brownlee, die eerste persoon wat sy driekamp-titel op ’n Olimpiese Spele verdedig, meen dat daar baie ander atlete is vir wie die uitstel van die byeenkoms ’n groter uitdaging sal inhou.

“Die Olimpiese Spele is ’n inspirerende gebeurtenis, maar wanneer mense in hospitale besig is om hul lewens te verloor, kom dit as onvanpas voor dat enige van daardie hulpbronne aan die byeenkoms gewy word.” – Sport24

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Tokio Spele  |  Driekamp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.