Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Philip Buys wil nie die rooitrui afstaan

Die rooitrui en die Burry Stander-trofee is ons s’n.

Só het die Suid-Afrikaanse bergfietsryer Philip Buys Vrydag gesê oor sy en sy spanmaat, Matthys Beukes, se aspirasies vir die Cape Epic.

Matthys Beukes (voor) en Julian Jessop verlede jaar tydens die sesde skof van die Cape Epic buite Wellington. Foto: Cape Epic | Sportspics | Greg Beadle

Die agtdaagse spanren oor 624 km (met klimwerk van 16 650 m) begin Sondag in Kaapstad.

Die stryd om Afrika se rooitrui is ’n kompetisie binne die ren en kan net gewen word deur ryers van Afrika.

Die bestes van Afrika of Suid-Afrika ontvang die Burry Stander-gedenktrofee, ter nagedagtenis aan Stander, die eerste Suid-Afrikaanse wenner van die Epic.

Stander, ’n voormalige o.23-wêreldkampioen, is in 2013 oorlede.

Buys het dié trofee al vyf keer gewen, drie keer saam Beukes.

Op papier lyk die gunstelinge sterk, maar baie van hulle het nog nie saamgery nie. Dit gee ons die voordeel, want ons kom al ’n lang pad saam.

Dié Pretorianer en sy spanmaat van George sal die vierde keer saamry.

Dít tel in hul guns, meen Buys, met heelwat ryers wat sedert 2018 van spanmaats verwissel het.

“Op papier lyk die gunstelinge sterk, maar baie van hulle het nog nie saamgery nie. Dit gee ons die voordeel, want ons kom al ’n lang pad saam,” sê Buys.

Ook Jaroslav Kulhavy, die verdedigende kampioen, het ’n nuwe spanmaat in Samuel Gaze.

Nino Schurter, 2017 se wenner, span kragte saam met Lars Forster.

Buys wil vergoed vir verlede jaar se teleurstelling toe hy hom op die nippertjie moes onttrek.

Hy was twee en ’n half maande buite aksie nadat hy ’n ernstige virusinfeksie opgedoen het.

Beukes en Julian Jessop, sy plaasvervanger, kon nietemin die Afrika-afdeling wen.

Ons het nog nie al ons kaarte gewys nie.

Buys en Beukes het in 2017 algeheel sewende geëindig.

Al het Buys-hulle tot dusver vanjaar minder as ander ryers deelgeneem, is hul peil goed.

Beukes het in Januarie die eendaagse Attakwas gewen.

“Ons het nog nie al ons kaarte gewys nie,” sê Buys.

“ ’n Mens kan nie voorspellings waag nie. Jou ren kan maklik ontspoor.”

Talle deelnemers het verlede jaar onder maagkieme deurgeloop. Schurter se spanmaat, Matthias Stirnemann, moes hom onttrek, wat die verdedigende kampioene se aanslag vroeg beëindig het.

Phillimon Sebona en Pieter du Toit sal as ondersteuning vir Buys-hulle ry. Hulle neem deel vir Pyga Euro Steel.

Ander Suid-Afrikaners wat die buitelanders gaan probeer stuit, is Alan Hatherly en Matthew Beers, Jessop en Arno du Toit en Gawie Combrinck en Wessel Botha.

* Sondag se proloog oor 21 km (met ’n klim van 600 m) begin en eindig by die Universiteit van Kaapstad.

Die elitevroue spring weg vanaf 10:40 en die mans van 11:45 af.

* Die proloog en die laaste skof na Val de Vie sal regstreeks op SS 8 uitgesaai word.

Die hele wedren kan op cape-epic.com en die app Epic Series gevolg word.

Cape Epic


Meer oor:  Cape Epic
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.