Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Byna tyd vir Rowan en Ryno om te dans

Hoewel verskeie wêreldtitelgevegte hierdie maand plaasvind, sal die meeste plaaslike boksliefhebbers dalk meer in die langverwagte kragmeting tussen Rowan Campbell en Ryno Liebenberg belangstel.

Campbell verdedig op Sondag 14 Maart sy Afrika-titel van die Internasionale Boksorganisasie, asook sy SA super-middelgewiggordel teen Liebenberg by Emperors Palace in Kempton Park.

Rowan Campbell sal sy twee bokstitels later vandeesmaand teen Ryno Liebenberg op die spel plaas. Foto: Gallo Images

Nog ’n plaaslike bokser wat hierdie maand kans kry om almal daaraan te herinner dat hy nog op die toneel is, is Thabiso Mchunu.

Mchunu kom op Saterdag 27 Maart in Jekaterinboerg in Rusland teen Evgeny Tishchencko te staan.

Die wenner van dié geveg sal glo ’n kans kry om teen die Wêreldboksraad (WBR) se junior swaargewigkampioen, Junior Makabu van die Kongo, te baklei.

Dis nie die enigste belangrike geveg wat vandeesmaand in die junior swaargewig-afdeling plaasvind nie.

Op 20 Maart sal die Brit Lawrence Okolie en die Pool Krzysztof Glowacki mekaar in Londen die stryd aansê om die vakante Wêreldboksorganisasie (WBO)-titel.

Alexander Povetkin en Dillian Whyte se geveg later dié maand kan net so opwindend soos hul vorige kragmeting verlede jaar wees Foto: Getty Images

Daar is ook heelwat belangstelling in die herontmoeting tussen die swaargewigte Alexander Povetkin en Dillian Whyte.

Hulle boks op Saterdag 27 Maart in Gibraltar teen mekaar. Toe hulle in Augustus verlede jaar slaags was, het die Rus die Brit in die vyfde ronde uitgeslaan.

Whyte het Povetkin voor dít in die vierde ronde twee keer platgeslaan.

Ander toernooie wat hierdie maand redelike belangstelling wek, sluit in: Vrydag 5 Maart in Nantes, Frankryk – Tony Yoka teen Joel Tambwe Djeko (swaargewig); Vrydag 12 Maart in Kaapstad – Cristiano Ndombassy teen Jami Webb (super-weltergewig); Saterdag 13 Maart in Dallas – Juan Francisco Estrada teen Roman Gonzalez (WBR en WBV-super-vlieggewigtitelgeveg) en Hiroto Kyoguchi teen Axel Aragon Vegas (WBV-junior vlieggewigtitelgeveg); Vrydag 19 Maart in Bolton, Engeland – Karim Guerfi teen Lee McGregor (Europese kapokgewigtitelgeveg); Saterdag 20 Maart in Moskou – Artur Beterbiev teen Adam Denis (WBR en Internasionale Boksfederasie-ligswaargewigtitelgeveg); Woensdag 31 Maart in Newcastle, Australië – Tim Szyu teen Dennis Hogan (junior middelgewig).

Meer oor:  Boks  |  Rowan Campbell  |  Ryno Liebenberg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.