Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Caleb wen 8ste skof van Giro d’Italia

Die Australiër Caleb Ewan het Saterdag se agtste skof van die Giro d’Italia oor 239 km tussen Tortoreto Lido en Pesaro gewen.

Dit was die 24-jarige Ewan, wat vir die Lotto-Soudal-span ry, se tweede skofsege, nadat hy ook in 2017 ’n skof ingepalm het.

Saterdag was Ewan perfek geplaas om die Italianer Elia Viviani (Deceuninck-Quick Step) in ’n kort naelrit na die wenstreep te klop. Hy het die skof in 5 uur, 43 minute en 32 sekondes voltooi.

Die Duitser Pascal Ackermann (Bora-Hansgrohe), wat voor loop in die puntekategorie, was derde.

“Danksy deursettingsvermoë en die hulp van my spanmaats het ek vandag gewen,” het Ewan ná die tyd gesê.

“Ons het sewe dae lank probeer om die oorwinning te behaal, ek is net so bly om die skof te wen.”

Die Italianer Valerio Conti (UAE Emirates) is steeds die algehele voorloper, 1 minuut en 32 sekondes voor José Rojas (Movistar) van Spanje in die tweede plek.

Suid-Afrika se Ryan Gibbons (Dimension Data), is algeheel in die 53ste plek, 15 minute en 31 sekondes agter Conti.

Sondag se skof is ’n individuele tydtoets oor 34,8 km van Riccione na San Marino. – Reuters, Sportredaksie


Meer oor:  Caleb Ewan  |  Giro D'italia  |  Fietsry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.