Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Candice veg vir haar 2de Spele-plek

Candice Neethling (20) het in 2012 in Londen op haar bergfiets haar debuut in die Olimpiese Spele gemaak.

Voor haar kon net Yolande Speedy in 2008 Suid-Afrika se bergfietsspan haal en ná Neethling kon geen vrou dit weer regkry nie.

Die Kaapse bergfietsryer Candice Lill tydens die 2019 Wines2Whales-wedren in die Wes-Kaap. Agter haar ry haar destydse spanmaat, Adelheid Morath. Foto: Xavier Briel

Nou veg ’n ouer, wyser, meer ervare en getroude Candice Lill om ’n tweede Spele-plek oop te trap.

Maar Suid-Afrika het net twee plekke vir die Olimpiese veldrenne – een vir ’n man en een vir ’n vrou.

Die toedrag van sake is weens Suid-Afrika se 15de plek op die wêreldranglys vir spanne.

Al is bergfietsry ’n individuele sport, moet die land as ’n span kwalifiseer. Die voorste twee lande op die wêreldranglys mag drie deelnemers elk stuur vir die mans- en vroueafdelings. Nommer 3 tot 7 mag twee inskryf en nr. 8 tot 21 net een elk, berig www.uci.org/news.

Lill en Mariske Strauss, wat albei 29 jaar oud is, voel dus die druk deeglik aan die vooraand van die tweede byeenkoms in die Wêreldbeker-reeks, wat Vrydag in Nove Mesto na Morave in die Tsjeggië begin.

Dit is die laaste wedren om punte te verdien.

Strauss se 55ste plek verlede naweek in die byeenkoms in Albstadt, Duitsland, het haar kanse geknou, want sy het vier posisies afgeskuif tot 41ste.

Lill is 35ste op die ranglys nadat sy 31ste klaargemaak het. Dan is daar ook nog Cherie Redecker, wat 67ste is.

Boonop word die voorste drie vroueryers se punte saamgegooi om die land se posisie te behaal.

Lill en haar man, Darren, is ’n tweepersoon-span in Europa. Sy is nie geaffilieer by enige van die top-beroepspanne nie.

“Faces, my span in Suid-Afrika, Cannondale en Seattle Coffee ondersteun my om hier te kan wees. Dit delg baie van die koste.

“Ek is dankbaar dat Darren hier is, maar dit is moeilik sonder die spanopset en die infrastruktuur wat dit jou bied.

“Die meeste spanne kom met tegnici en fisioterapeute en die hele spul, kokke wat jou kos voorberei.”

Darren is ’n voormalige Suid-Afrikaanse padryer en gee Candice ongelooflik baie raad.

“Ek wil die beste maak van die naweek se geleentheid en hoop die wedren kan so goed moontlik verloop,” sê Lill.

Vrydagaand se kortbaan-wedren gee deelnemers ’n kans om ’n goeie wegspringposisie vir Sondag se Olimpiese veldwedrenne te verseker.

“ ’n Plek onder die top-24 sal my ’n goeie begin gee vir Sondag.

“Ek moes verlede Sondag verder terug wegspring omdat ek nie die top-24 in die kortbaan kon haal nie.

“Ek glo tog ek het Sondag ’n goeie wedren gehad. Ek kon ’n paar ryers verbysteek vanaf die posisie waar ek weggespring het.”

Lill sê as alles reg verloop, is sy in staat tot ’n plek in die die top-20.

TV: Vrydag vanaf 17:50 (SS 206).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.