Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Canelo kan hierdie toets slaag
Canelo Alvarez van Mexiko besig om vroeër vanjaar met Daniel Jacobs van Amerika af te reken.Foto: Getty Images
Bernard Hopkins van Amerika het die skuif van middel- na ligswaargewig suksesvol gemaak.Foto: Getty Images

Canelo Alvarez maak nie ’n fout deur in gewig op te skuif om teen Sergey Kovalev te boks nie.

Só sê Bernard Hopkins, wat nes Alvarez dit ’n klompie jare gelede gewaag het om van middelgewig na ligswaargewig op te skuif.

Alvarez pak Kovalev Saterdag in Las Vegas vir laasgenoemde se ligswaargewigtitel van die Wêreldboksorganisasie (WBO).

Canelo sou nie die skuif gemaak het as hy nie al die water getoets het en gemaklik gevoel het om as ligswaargewig te boks nie.
Bernard Hopkins

Alvarez se laaste geveg was in Mei toe hy Daniel Jacobs se middelgewigtitel van die Internasionale Boksfederasie (IBF) verower het.

“Canelo sou nie die skuif gemaak het as hy nie al die water getoets het en gemaklik gevoel het om as ligswaargewig te boks nie,” het Hopkins aan Yahoo! Sports gesê.

“Onthou ook dat hy en Sergey mekaar ken. Hulle het al teen mekaar geskerm. Dis net skerm, maar dis ook in jou agterkop,” sê Hopkins.

Sergey Kovalev, die Wêreldboksraad se ligswaargewig-kampioen.Foto: Getty Images

Hopkins het self in 2014 teen Kovalev geboks, en met punte verloor, maar meen Alvarez kan die Rus klop.

“Maar dan sal Canelo goed moet beweeg. En ek praat nie van met sy bene nie, hy moet met sy kop en sy skouers beweeg en ’n moeilike teiken word.

“Canelo moet die pas van die geveg bepaal. Kovalev hou daarvan as die pas redelik stadig is, maar Canelo moet hom uit sy gemaksone neem.”

Hopkins waarsku dat Kovalev hard slaan. Hy spog nie verniet met 29 uitklophoue in 38 gevegte nie.

Hopkins was in sy boksloopbaan die Internasionale Boksfederasie se middelgewigkampioen voor hy later ook dié beheerliggaam se ligswaargewigkampioen geword het.

Meer oor:  Canelo Alvarez  |  Bernard Hopkins  |  Las Vegas  |  Kampioen  |  Boks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.