Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Canelo moet ligloop vir Turk se vuil taktiek
Canelo Alvarez (links) en Avni Yildirim (regs) pak mekaar Sondagoggend (SA-tyd) in die Hard Rock-stadion in Miami, in die Amerikaanse staat Florida. Foto: Getty Images

Pasop vir die Turk se kop!

Canelo Alvarez van Mexiko sal dié waarskuwing moet onthou wanneer hy Sondagoggend (SA tyd) in Miami teen Avni Yildirim van Turkye boks.

Alvarez se super-middelgewigtitels van die Wêreldboksraad en die Wêreldboksvereniging sal op die spel wees.

Die geveg vind in die Hard Rock-stadion plaas en 15 000 toeskouers sal darem toegelaat word om die geveg by te woon.

Die meeste boskenners verwag dat Alvarez maklik gaan wen. Sy volgende geveg, op 8 Mei teen Billy Joe Saunders van Brittanje, is reeds gereël.

Maar dis boks hierdie en daar het al baie snaakse goed in die kryt gebeur.

Só steier die manne wanneer Canelo Alvarez hulle raakslaan. Dis Sergey Kovalev wat hier die riel dans tydens die Mexikaanse vegter se aanslag. Foto: Getty Images

Die waarskuwing oor die Turk se kop kan Alvarez maar ter harte neem.

In sy laaste geveg, in Februarie 2019 teen Anthony Dirrell, was Yildirim nie skaam om ’n bietjie kop te stamp nie.

Een van sy kopstampe het ’n sny bo Dirrell se een oogbank oopgekloof, wat tot die geveg se vroeë einde gelei het.

Dirrell was voor met punte toe die geveg in die tiende ronde gestop is. Hy is toe as die wenner aangewys.

Yildirim, wat ook lekker kan elmboog inlê, was nogal kwaad.

Dinge het toe eindelik wel vir hom goed verloop, want kyk, daar boks hy nou teen Alvarez!

As ’n mens kyk hoe maklik Yildirim al in die verlede deur sy teenstanders met opstoppers raakgeslaan is, wonder jy egter of hy so bly moet wees oor die geveg teen Alvarez.

Om opstoppers te slaan, is een van Alvarez se sterkpunte.

• Julio Cesar Martinez van Mexiko verdedig sy vlieggewigtitel van die WBR in een van die voorgevegte teen McWilliams Arroyo van Puerto Rico.

In nog ’n voorgeveg kom die onoorwonne Chinese swaargewig Zhilei Zhang teen die Amerikaner Jerry Forrest te staan.

• TV: Sondagoggend van 02:00 op Grandstand (201) en Variety 1 (206) en van 06:00 op Action (210).

Meer oor:  Boks  |  Canelo Alvarez
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.