Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Canelo stuur grootbek Brit hospitaal toe

Die Britse bokser Billy Joe Saunders is toe nie so taai soos wat hy gedink het hy is nie.

Canelo Álvarez op die oorlogspad teen Billy Joe Saunders. Foto: Getty Images

Canelo Álvarez van Mexiko het hom Saterdag in die AT&T-stadion in Arlington, Amerika, voor meer as 73 000 toeskouers hospitaal toe gestuur.

Álvarez het Saunders se regteroogkas in die agtste ronde van hul geveg met ’n opstopper gebreek. Saunders kon nie vir die volgende ronde uitkom nie en die geveg is net daar stopgesit.

Met dié oorwinning het Álvarez, wat reeds die Wêreldboksraad en die Wêreldboksvereniging se super-middelgewigkampioen was, ook Saunders se titel van die Wêreldboksorganisasie (WBO) gewen.

As jy voor die tyd vir Canelo Álvarez wil slegsê, moet jy die gevolge dra, het Billy Joe Saunders hierdie naweek uitgevind. Foto: Getty Images
Dit lyk nogal asof Billy Joe Saunders hier op ’n kobra getrap het. Foto: Reuters

Saunders was taamlik mededingend met pikhoutjies, maar van sy grootpratery vooraf het daar eintlik min gekom omdat hy meestal weggehardloop het.

Die Brit het ook al in die verlede ander boksers sleggesê wanneer hulle weens iets soos oogbeserings die handdoek moes ingooi. Hierdie keer was dit hy en hy kan niemand kwalik neem as hulle hom nou koggel nie.

In die hoofvoorgeveg het Elwin Soto van Mexiko sy lig-vlieggewigtitel van die WBO behou danksy ’n omstrede tegniese uitklophou in die negende ronde teen Katsunari Takayama van Japan.

Dit het nie juis gelyk asof Takayama regtig in die moeilikheid was nie, maar die skeidsregter, Laurence Cole, het om die een of ander rede so gedink en het die geveg beëindig. – Boxing Newz 24, British Boxing News

* Kyk hier hoe skud Álvarez vir Saunders met ’n opstopper: 

Meer oor:  Boks  |  Canelo Alvarez
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.