Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Cape Epic: Inskrywings open in Mei
Bergfietsspanne wat aan vanjaar se Cape Epic sou deelneem, kry voorkeur vir volgende jaar se wedren. Foto: Cape Epic | Nick Muzik

Bergfietsryers wat vir vanjaar se afgestelde Cape Epic ingeskryf het, kry voorkeur vir inskrywings vir volgende jaar se wedren.

Spanne wat vir vanjaar se toer ingeskryf het, is ’n plek gewaarborg vir 2021, 2022 of 2023 se Epic.

Hulle kry ook ’n koepon wat gedeeltelike afslag bied.

Die organiseerders van die Epic sê vanjaar se deelnemers het reeds aangedui dat hulle beslis volgende jaar sal deelneem.

Nadat vanjaar se spanne vir 2021 ingeskryf het, sal ’n beperkte aantal inskrywings vir die publiek beskikbaar wees.

Nadat vanjaar se spanne vir 2021 ingeskryf het, sal ’n beperkte aantal inskrywings vir die publiek beskikbaar wees. Dié inskrywings open op 19 Mei om 15:00.

Deelnemers wat voor 15 Junie inskryf en betaal, sal afslag kry.

Volgende jaar se agtdaagse spanwedren sal tussen 21 en 28 Maart plaasvind.

Spanne wat vir vanjaar se Epic ingeskryf het, kry ook die geleentheid om daardie inskrywing te gebruik vir die Switserse Epic, wat tussen 2020 en 2023 plaasvind.

* Green Catering, die wedren se spysenier, het onlangs 5,5 ton se kospakkies afgelewer by die toerismeburo’s in Ceres, Tulbagh en Paarl/Wellington. Liefdadigheidsorganisasies het dit daar gaan haal en versprei.

Dié dorpe sou vanjaar deel uitgemaak het van die Epic-roete.

* TV: The Race That Never Was (Woensdag 21:30, SS 10).

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Boland  |  Fietsry  |  Inskrywings  |  2021  |  Koronavirus  |  Cape Epic
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.