Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Cavendish al nader aan Merckx-rekord
Het ek dit regtig reggekry? Mark Cavendish ry Donderdag eerste oor die eindstreep om sy 32ste skofsege in die Tour de France te behaal. Foto: AP

’n Blitsige Mark Cavendish het Donderdag sy tweede skofsege in vanjaar se Tour de France behaal en hy kruip al nader aan die legendariese Eddy Merckx se rekord.

Cavendish (36, Deceuninck-Quick-Step), ’n Brit, het die sesde skof oor 160,6 km tussen Tours to Châteauroux in ’n woeste naelrit na die eindstreep gewen.

Sy wentyd was 3 uur, 17 minute en 36 sekondes. Die Belg Jasper Philipsen (Alpecin-Fenix) was tweede, gevolg deur Nacer Bouhanni (Arkéa-Samsic) van Frankryk.

Cavendish, wat ook die vierde skof gewen en nou met 32 Tour-skofseges spog, kort nou net tweeskofseges om Merckx se rekord te ewenaar.

Cavendish, wat ook die vierde skof gewen en nou met 32 Tour-skofseges spog, kort nou net twee skofseges om Merckx se rekord te ewenaar.

Dit het die afgelope jaar of wat gelyk asof Cavendish nooit by daardie rekord gaan uitkom nie. Maar dit is duidelik dat hy nou oorloop van selfvertroue.

Nadat ’n aantal ryers met die aanvang van die skof in ’n wegbreekgroep was, het die groep later verklein tot slegs twee ryers.

Die Belg Greg van Avermaet (AG2R Citroën) en Roger Kluge (Lotto-Soudal) van Duitsland het lank ’n voorsprong van sowat 90 sekondes bo die peloton gehad.

In die peloton het Deceuninck-Quick-Step die pas vooraan beheer. Die span het geweet dat die skofeinde iemand soos Cavendish soos ’n handskoen pas.

Maar voordat enige naelryer van glorie kan droom, moes die peloton eers vir Kluge-hulle inhaal. Dié twee was nie bereid om sommer opgeslurp te word nie en met 8 km oor, het die twee steeds ’n voorsprong van sowat 40 sekondes gehad.

Kluge-hulle is 2,5 km van die eindstreep af ingehaal.

Mathieu van der Poel ry triomfantlik oor die eindstreep om die tweede skof van die Tour de France te wen. Foto: AP

Toe het die naelkouery vir die skofsege begin. En met die eindstreep reg voor hom, kon niemand Cavendish van glorie weerhou nie.

Die Nederlander Mathieu van der Poel (Alpecin-Fenix) is steeds die draer van die geel trui.

Suid-Afrika se Louis Meintjes (Intermarché-Wanty-Gobert) het die skof in die 84ste plek voltooi, met Nicholas Dlamini (Qhubeka NextHash) 114de en Stefan de Bod (Astana-Premier Tech) 115de.

• Die sewende skof word Vrydag oor 249,1 km, tussen Vierzon en Le Creusot, beslis.

Meer oor:  Mark Cavendish  |  Mathieu Van Der Poel  |  Brittanje  |  Nederland  |  Frankryk  |  Tour De France  |  Fietsry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.