Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Chad, 4 ander van SA kwalifiseer
Chad le Clos by die Statebondspele in aksie. Foto: Gallo Images

Chad le Clos sal Suid-Afrika se aanslag by die Wêreld-kortbadkampioenskappe in Desember in China lei nadat hy Donderdag een van vyf swemmers was wat op die eerste dag van die nasionale kortbad-kampioenskappe vir dié byeenkoms gekwalifiseer het.

Le Clos en die belowende Zane Waddell (20) het albei Donderdag in Durban in die 100 m-vryslag gekwalifiseer, terwyl drie vroue – Tatjana Schoenmaker, Emily Visagie en Erin Gallagher – hul vliegkaartjies na China bespreek het, waar die Wêreldkampioenskappe van 11 tot 19 Desember aangebied word.

Tatjana Schoenmaker / Foto: Gallo Images

Le Clos het die 100 m-vryslag in ’n tyd van 46.45 sekondes gewen, met Waddell in die tweede plek in 47.54. Om vir dié nommer by die Wêreldkampioenskappe te kwalifiseer, moes swemmers vinniger as 47.78 geswem het.

Schoenmaker, wat vroeër vanjaar by die Statebondspele in Australië twee goue medaljes gewen het, het ’n kwalifiserende tyd in die 200 m-borsslag geswem. Haar wentyd van 2:18.93 is meer as goed genoeg om te verseker sy lei weer die aanslag van die Suid-Afrikaanse vroue op ’n groot byeenkoms. Die kwalifiserende tyd in die 200 m-borsslag vir vroue is 2:24.60.

Emily Visagie by die Statebondspele vroeër vanjaar in die Goudkus, Australië. Foto: Gallo Images

Visagie, wat ook vanjaar by die Statebondspele in aksie was, het in dieselfde nommer as Schoenmaker gekwalifiseer. Sy het tweede in 2:23.03 geëindig.

Die derde vrou wat haar naam by die kwalifiseerders gevoeg het, Gallagher, het die 100 m-vryslag in ’n tyd van 53.34 gewen – vinniger as die kwalifiserende tyd van 53.78.

Alles het egter nie klopdisselboom verloop nie en daar was trane vir die 16-jarige Rebecca Meder. Sy het dit net-net misgeloop om in die 800 m-vryslag te kwalifiseer. Haar wentyd van 8:36.35 was minder as ’n sekonde stadiger as die kwalifiserende tyd van 8:35.69.

Die Suid-Afrikaanse kortbad-kampioenskappe duur tot Sondag.

Meer oor:  Swem  |  Tatjana Schoenmaker  |  Chad Le Clos  |  Erin Gallagher
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.