Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Chazz pak debutant Usyk in Chicago
Witherspoon in aksie teen Seth Mitchell in een van sy vorige gevegte. Foto: Getty Images

Die Amerikaner Chazz Witherspoon het op kort kennisgewing ingestem om Saterdag teen die voormalige junior swaargewigkampioen Oleksandr Usyk te boks.

Usyk sou sy debuut as swaargewig teen Tyrone Spong in Chicago gemaak het, maar dié Nederlander het Dinsdag positief vir die gebruik van ’n verbode middel getoets.

Witherspoon het al 41 gevegte in die beroepskryt agter die rug, waarvan hy 38 gewen het.

“Oleksandr gaan uitvind dis ’n heel ander storie om as ’n swaargewig te boks,” het Witherspoon aan Boxing Scenegesê.

“Ek het my laaste agt gevegte gewen en wag al lank vir hierdie kans.”

Witherspoon is ’n neef van die voormalige swaargewigkampioen Tim Witherspoon.

– Michael Green

Meer oor:  Vsa  |  Chicago  |  Debuut  |  Boks  |  Swaargewig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.