Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Chinese Grand Prix skuif dalk na Italië

Die Italiaanse dorp Imola kan moontlik vanjaar vir die eerste keer sedert 2006 weer ’n Formule Een-Grand Prix aanbied.

Michael Schumacher ná sy oorwinning in die San Marino-Grand Prix in 2006. Foto: Getty Images

Die Nederlandse webwerf Racingnews365berig die bestuur van dié renbaan, waar die San Marino-GP vir ’n kwarteeu lank beslis is, het ’n aansoek by die sport se beheerliggaam (FIA) ingedien om as plaasvervanger vir die Chinese GP op te tree.

Die wedren wat op 19 April in Shanghai sou plaasvind, is vroeër onbepaald weens die uitbreek van die koronavirus uitgestel.

Die Autodromo Internazionale Enzo e Dino Ferrari beskik steeds oor ’n lisensie om F1-vlak-wedrenne aan te bied.

Dié baan se besturende direkteur, Roberto Marazzi, het egter in ’n onderhoud met Racingnews365 toegegee dat dit bitter moeilik sal wees om in minder as 60 dae al die logistieke reëlings getref te kry en boonop die nodige finansiële vereistes na te kom.

Michael Schumacher was die wenner van die laaste F1-GP op Imola.

– Sportredaksie

Meer oor:  F1  |  Grand Prix  |  Formule Een  |  Motorsport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.