Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Chris Froome bevestig vir Vuelta

Soos die verwagting was, is die Britse fietsryer Chris Froome in die Ineos Grenadiers se span vir vanjaar se Vuelta a España ingesluit.

Chris Froome sal van Dinsdag af aan die Vuelta a España deelneem. Foto: Getty Images

Dit sal die 35-jarige Froome se laaste verskyning in ’n Grand Tour vir dié span wees, vir wie hy sedert 2010 ry. Hy sluit hom aanstaande jaar by Israel Start-Up Nation aan.

Froome is vroeër vanjaar oor die hoof gesien vir die Tour de France, wat hy vier keer tevore gewen het, nadat sy peil maar effentjies was.

Toe het die ringkoppe van die Ineos Grenadiers gesê dat Froome vanjaar op die Vuelta sal fokus. Dit sal die sewende keer in sy loopbaan wees dat hy aan die Vuelta deelneem – ’n wedren wat hy in 2011 en 2017 gewen het.

Saam met hom in die span is Andrey Amador, Richard Carapaz, Michal Golas, Brandon Rivera, Iván Sosa, Dylan van Baarle en Cameron Wurf.

Die eerste skof word Dinsdag oor 173 km tussen Irún en Arrate beslis. – Sportredaksie


Meer oor:  Vuelta A Espana  |  Brittanje  |  Chris Froome  |  Fietsry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.