Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Chris Froome trek neus op vir Giro
Chris Froome vier fees ná sy oorwinning van 2018 se Giro D’Italia. Foto: Reuters

Die Britse fietsryer Chris Froome sal nie vanjaar sy titel in die Giro D’Italia verdedig nie omdat hy eerder op die Tour de France wil fokus.

Froome (33), wat die Tour reeds vier keer gewen het, was verlede jaar in die spervuur nadat hy in 2017 se Vuelta a España ’n ontoelaatbare vlak van salbutamol in sy bloed gehad het. Die Internasionale Fietsryunie het hom vrygespreek om in 2018 aan die Tour deel te neem, maar hy moes met die derde plek tevrede wees.

“Dit was ’n moeilike besluit om te neem waar my prioriteite in 2019 moet wees en op watter toere ek moet fokus – veral omdat ek verlede jaar die Giro gewen het en so ’n ongelooflike tyd gehad het. Maar ek het besluit my belangrikste mikpunt vir 2019 is die Tour,” sê Froome volgens eurosport.com.

Dit was ’n moeilike besluit om te neem waar my prioriteite in 2019 moet wees en op watter toere ek moet fokus – veral omdat ek verlede jaar die Giro gewen het.
Chris Froome

Dié Keniaan van geboorte sê hy is in daardie stadium van sy loopbaan waar hy wonder oor sy nalatenskap.

“As ek daarin slaag om die Tour vir ’n vyfde keer te wen, sal ek my by ’n uitverkore groep fietsryers aansluit omdat slegs vier ander ryers nog dit kon vermag het.”

Twee Franse, Jacques Anquetil en Bernard Hinault, die Belg Eddy Merckx en die Spanjaard Miguel Induráin het die Tour elk vyf keer gewen.

Froome se spanmaat, Wallis se Geraint Thomas, wat in 2018 die Tour gewen het, gaan ook slegs daarop fokus om sy titel in Frankryk te verdedig.

2019 se Giro D’Italia begin op 4 Mei in Jerusalem. 

– Sportredaksie

Meer oor:  Frankryk  |  Engeland  |  Fietsry  |  Tour De France  |  Giro D'italia  |  Chris Froome
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.