Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Chrisjan en Esti het hul oog op Tokio

Met die Olimpiese Spele in Tokio net tien weke weg en ná meer as ’n jaar sonder enige kompetisie kan Suid-Afrika se voorste kanovaarders, Chrisjan Coetzee en Esti Olivier, nie wag om hulself uiteindelik te toets nie.

Coetzee en Olivier sal hierdie naweek in aksie wees in die Internasionale Kanofederasie se eerste Wêreldbeker-byeenkoms van die jaar in Szeged, Hongarye.

Chrisjan Coetzee se visier is oor die volgende twee weke op ’n langer item as waaraan hy gewoond is, maar met Olimpiese kwalifisering op die spel is hy oorgehaal vir die uitdaging. Foto: Gameplan Media

Olivier sal deelneem aan die 200 m en 500 m vir vroue K1-vaarders, terwyl Coetzee in aksie sal wees in die 500 m en 1 000 m vir mans in K1-kano’s.

Dít sal die duo broodnodige tyd op die water gee voor hulle na Rusland gaan vir aanstaande week se Olimpiese kwalifiseringsbyeenkoms – hul grootste onmiddellike doelwit.

Coetzee hoop om aanstaande naweek in Barnaul te kwalifiseer vir Olimpiese deelname aan die 1 000 m – ’n heel ander uitdaging as die 200, waarvan hy meer ervaring het.

“Dis ’n nuwe uitdaging vir my dat my laaste poging om vir die Spele te kwalifiseer in die 1 000 m is, eerder as die 200,” sê Coetzee.

“My oefenprogram het heelwat verander en dit sal die eerste keer in ’n lang tyd wees wat ek internasionaal in die 1 000 meeding, maar ek sien baie daarna uit om te sien waar ek is vergeleke met die res van die wêreld.”

Coetzee het laat in 2019 laas ’n internasionale 1 000 m-wedvaart gehad, en is dus baie nuuskierig oor wat die naweek wag.

“Hierdie naweek se ren is baie belangrik en ’n goeie kans om weer ’n gevoel vir die 1 000 te kry, deur die uitdunne, halfeindronde en eindronde te gaan en te sien hoe ek opweeg teen die res,” sê hy.

“Ek het goed voorberei en voel goed. Ek is positief.”

Esti Olivier hoop ook om oor twee weke die reg op deelname aan die Olimpiese Spele te hê. Foto: Gameplan Media

Olivier het in 2019 die 200 m- en 500 m-titels by die Afrika-Spele gewen en sê sy wil veral in Hongarye sien hoe skerp sy in die uitvoering van haar wedstrydplan is.

“Ek wil dit ook gebruik om my sielkundige grense te toets, oor hoeveel ek myself fisies kan druk,” sê sy. “Daar wag ’n paar taai renne, en dit sal ’n goeie maatstaf bied voor die kwalifiseringsbyeenkoms in Rusland.” – Sportredaksie

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Tokio-Spele  |  Kanovaart
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.