Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Conor beveg Covid-19 met €1 m.-skenking
Conor McGregor lewer ’n emosionele pleidooi op Facebook.

Die Ierse gemengdegevegskuns-superster Conor McGregor het €1 miljoen spandeer op beskermende toerusting vir hospitaalpersoneel wat Covid-19-pasiënte in sy tuisland behandel.

BBCSport berig McGregor het ’n boodskap aan die Ierse minister van finansies, Paschal Donohoe, gestuur en die inhoud daarvan op Twitter gedeel.

Hy het gesê hy beplan om die toerusting te koop en na hospitale in die hoofstad, Dublin, te versprei.

McGregor (31) se vrygewige daad kom ’n dag nadat hy ’n video gedeel het waarin hy ’n beroep doen op die Ierse regering om dadelik ’n staat van inperking aan te kondig.

Hy het ook sy versoek herhaal dat alle konstruksieterreine in die land dadelik gesluit word.

“Ware inperking moet begin en dit moet nou begin,” sê hy.

“Enige tyd wat ons op debat spandeer is tyd wat gemors word. Ek ken ’n goeie geveg as ek een sien en ons het nou een op ons hande.

“Ek wil ’n beroep doen op al my mense, die vooraanstaande mense van Ierland. Hierdie benodig ons almal.”

Hy het ook “die mense in die res van die wêreld” om hulp gevra om die pandemie te beveg.

“Ons moet ons lughawens sluit. Ons moet alle nie-noodsaaklike ondernemings sluit. Ons moet alle nie-noodsaaklike reise opskort.

“Hierdie is my voorstel en ek hoop ons kan dit toepas.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Koronavirus  |  Ufc  |  Conor Mcgregor  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.