Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Conor McGregor nie meer in prentjie
Dustin Poirier op pad na sy uitklopoorwinning teen Conor McGregor die naweek in Abu Dhabi. Foto: Getty Images

Conor McGregor se skoknederlaag die naweek teen Dustin Poirier het skynbaar die deur vir Ryan Garcia oopgemaak om volgende teen Manny Pacquiao te boks.

McGregor het voor sy UFC-geveg Saterdag in Abu Dhabi nog vertel dat hy ongeveer $250 miljoen gaan verdien wanneer hy later in die jaar teen Pacquiao boks.

Die kontrak was egter nog nie onderteken nie en ná Poirier vir McGregor uitgeslaan het, klink dit of die grootmond Ier nie meer in die prentjie is nie.

Die jong opkomende liggewigheld Ryan Garcia het enkele ure ná McGregor se nederlaag op Instagram gesê hy boks volgende teen Pacquiao.

“ ’n Droom word waar. Dit gaan ’n eer wees om die kryt met Manny Pacquiao te deel,” skryf Garcia.

Volgens Ryan Garcia boks hy volgende teen Manny Pacquiao. Garcia het dié plakkaat op Instagram gedeel. Foto: Instagram

Pacquiao moet nog op Garcia se “aankondiging” reageer.

Die Filippynse bokslegende het wel vir Poirier direk ná sy oorwinning op Twitter gelukgewens.

“ Dis die mooi ding van vegsport, jy weet nooit wat om te verwag nie,” sê Pacquiao.

Pacqiuao boks in die weltergewigafdeling, so indien hy wel volgende teen Garcia sou boks, sal óf hy gewig moet verloor óf Garcia sal moet optel.

McGregor het aan World Boxing News gesê hy is “verpletter” deur die nederlaag.

“Dis ’n bitter pil om te sluk,” sê hy.

Floyd Mayweather wat met oorwinnings oor Pacquiao en McGregor spog, oefen intussen kliphard vir ’n vertoongeveg teen die YouTuber Logan Paul.

Die geveg gaan glo iewers in Maart plaasvind.

Meer oor:  Boks  |  Ufc  |  Conor Mcgregor  |  Manny Pacquiao
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.