Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Conor glo vas in herontmoeting met Floyd
Conor McGregor en Floyd Mayweather pak mekaar in die bokskryt in 2017. Foto: Getty Images

Conor McGregor is vas oortuig hy en Floyd Mayweather se paaie gaan weer in die bokskryt kruis.

Die Ierse gemengde-geveg-kunstenaar is onlangs deur die voormalige swaargewigkampioen Mike Tyson geloof vir sy boksvaardighede. McGregor het in reaksie op Twitter gesê ’n herontmoeting met Mayweather is “onvermydelik” en dat sake dié keer anders sal verloop.

McGregor en Mayweather het mekaar die eerste keer in 2017 gepak in die lonendste beroepsgeveg in die geskiedenis. Die Amerikaner was in die tiende ronde in Las Vegas baas.

Hy het destyds gesê dit was sy laaste proesel mededingende boks en hy het onlangs herhaal hy sal nie terugkeer na die sport nie. Hy het egter die deur oopgelaat vir ’n herontmoeting met McGregor en dit beskryf as “vermaak en sake” eerder as boks.

Maar staan McGregor ’n kans in ’n herontmoeting met die onoorwonne voormalige wêreldkampioen? Die meeste aanhangers glo Mayweather het net met McGregor gespeel en verwag meer van wat hy die vorige keer uitgedeel het.

Die moontlikheid van ’n tweede geveg tussen die supersterre is debatteerbaar, maar albei sal waarskynlik weer ’n yslike betaaldag verwelkom.

BBCSport

Meer oor:  Boks  |  Conor Mcgregor  |  Floyd Mayweather  |  Mike Tyson
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.