Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Conor wil nie veg ná Twitter-bekgeveg

Die Ier Conor McGregor het vir Dustin Poirier gesê hul derde geveg, wat op 10 Julie sou plaasvind, is van die baan weens ’n stryery op Twitter oor ’n skenking van $500 000 aan die Amerikaner se liefdadigheidsorganisasie.

Dustin Poirier (links) en Conor McGregor se derde geveg is glo van die baan. Foto: Getty Images

McGregor, voormalige kampioen in gemengdegevegskuns in twee gewigsafdelings, het vroeër vandeesmaand gesê sy derde ontmoeting met Poirier was bevestig.

Poirier het in Januarie die eerste persoon geword wat McGregor uitslaan. McGregor het destyds in 2014 vir Poirier in ’n veergewiggeveg uitgeslaan.

Die omstrede Ier was egter ongelukkig toe Poirier hom daarvan beskuldig dat hy nie sy woord gestand gedoen het om ’n skenking aan die Amerikaner se liefdadigheidsorganisasie te maak nie.

“ ’n Skenking, nie skuld nie. Ons het gewag vir inligting oor hoe die donasie aangewend sou word, maar dit het nooit gekom nie,” sê McGregor.

“500 k met geen plan in plek nie. Die geveg is af . . . Ek gaan op die tiende teen iemand anders veg.”

Poirier het teruggekap deur te sê McGregor se span “het nooit gereageer” op e-posse wat verduidelik hoe die skenking aangewend sou word nie. – Reuters

Meer oor:  Ufc  |  Conor Mcgregor  |  Mma
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.