Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Covid-19 ‘bedekte seën’ vir Froome

Vir die Britse fietsryer Chris Froome was die uitstel van vanjaar se Tour de France weens die Covid-19-pandemie soos die spreekwoordelike manna uit die hemel.

Chris Froome glimlag van oor tot oor by 2017 se Tour de France. Foto: Getty Images

Die Tour, wat Froome (Ineos) reeds vier keer gewen het, is die hoogtepunt op die jaarlikse fietsrykalender. Dit begin oor ’n rapsie minder as ’n maand, op 29 Augustus, nadat die eerste skof aanvanklik op 27 Junie moes plaasvind.

Nou glo Froome (35), wat in Junie 2019 veelvuldige beenbreuke in ’n ongeluk opgedoen het en ’n draai op die operasietafel moes maak, dat die Covid-19-onderbreking hom die kans gegee het om sy beste peil te herwin.

Hy het in Februarie teruggekeer tot wedrenne toe hy in die UAE-toer in aksie was. Maar Froome was duidelik verroes en het in dié skofwedren in die 71ste plek geëindig.

“Ek dink ek is op die regte plek wat die Tour de France betref. Daar is nog ’n bietjie werk wat voorlê, maar dit is alles deel daarvan om na die Tour op te bou,” het hy aan cyclingnews.com gesê.

Froome neem tans aan die Route d’Occitanie in Frankryk deel, en was ná Sondag se tweede skof algeheel in die 85ste plek.

“Die uitstel van die groot wedrenne het my die kans gegee om weer my ou self te kan raak. Met omtrent ’n maand voor die Tour, dink ek dat ek op die regte trajek is.”

Froome verlaat Ineos aan die einde van die jaar om hom by die Israel Start-Up Nation-span aan te sluit.

“Daar gaan baie veranderinge wees, maar dit is nog ’n paar maande die toekoms in, so ek dink nie regtig nou daaraan nie. Ek fokus net daarop om my beste hierdie seisoen te lewer.” – Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Chris Froome  |  Fietsry  |  Tour De France
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.