Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Covid-19 kan kollig by Froome steel

Alle oë sal op die Britse fietsryer Chris Froome wees wanneer die Vuelta a España Dinsdag begin – maar moenie verbaas wees as Covid-19 uiteindelik die kollig steel nie.

Chris Froome in aksie tydens die Tour de France in 2017. Foto: Getty Images

Vanjaar se laaste Grand Tour spring weg in Irun, met die eerste skof wat oor 173 km beslis word. Weens die koronavirus word 2020 se Vuelta oor slegs 18 skofte, pleks van die gebruiklike 21, beslis.

Vir die 35-jarige Froome (Ineos Grenadiers) is daar baie op die spel. Sedert hy herstel het van ’n ernstige besering tydens ’n oefensessie in 2019, kon hy nog nie weer op dreef kom nie.

Gevolglik is hy vanjaar oor die hoof gesien vir die prestigeryke Tour de France.

In sy laaste meerdaagse wedrenne het hy 71ste in die Critérium du Dauphiné en 91ste in die Tirreno-Adriatico geëindig. Nie juis vertonings wat sy mededingers in die Vuelta slapelose nagte sal besorg nie. Boonop sal die Vuelta sy eerste deelname aan ’n Grand Tour sedert 2018 se Tour wees.

Maar Froome, ’n boorling van Kenia, is ook nou nie jou gemiddelde fietsryer nie. Onder sy vernaamste prestasies tel dat hy die einste Vuelta twee keer, die Tour vier keer en die Giro d’Italia een keer gewen het.

Baie water het in die see geloop sedert Chris Froome die Vuelta a España in 2017 ’n tweede keer gewen het. Hier is hy in 2017 op die podium. Foto: Getty Images

Die Sloween Primoz Roglic (Jumbo-Visma), wat in 2019 die Vuelta gewen het, word as een van die gunstelinge beskou. Boonop bevoordeel die roete ’n sterk klimmer soos Roglic, wat tans goeie peil en ’n gedugte span agter hom het.

Maar die onsigbare vyand wat ondersteuners nie uit die oog kan verloor nie, is Covid-19. In die afgelope weke is daar ’n skerp toename in nuwe Covid-19-gevalle in Europa.

Dit het verlede week amper ’n stok in die Giro se wiel gesteek toe ’n paar deelnemers en personeel positief getoets is en twee topspanne hulle gevolglik aan die toer onttrek het. Daar was selfs in sommige kringe pleidooie dat die Giro afgelas moet word.

So, die organiseerder van die Vuelta weet wat op die spel is. Volgens ’n verklaring is een van die inisiatiewe om die veiligheid van deelnemers te waarborg en te verseker dat die toer voltooi word, ’n mobiele laboratorium. Dit kan daagliks die Covid-19-status van tussen 700 en 750 mense te bepaal.

• Vier Suid-Afrikaanse ryers, Nicholas Dlamini, Reinardt Janse van Rensburg, Stefan de Bod (almal NTT) en Willie Smit (Burgos-BH), neem aan die Vuelta deel.

TV: Dinsdag: 15:50 – SS Variety 2.

Meer oor:  Vuelta A España  |  Chris Froome  |  Covid-19  |  Fietsry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.