Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Covid-19 laat Coffie se kamp skarrel
Michael Coffie, ’n voormalige seesoldaat, sal hierdie naweek probeer om sy onoorwonne rekord te behou wanneer hy in Newark in Amerika teen Jonathan Rice boks. Foto: Premier Boxing Champions

Michael Coffie se promotors moes hierdie week skarrel om ’n geskikte teenstander vir hom vir die komende naweek te kry nadat sy oorspronklike teenstander positief vir Covid-19 getoets is.

Coffie was veronderstel om sy profiel in die swaargewigafdeling te verhoog deur teen Gerald Washington te boks.

Washington is wel nie meer so goed soos hy eens was nie, maar hy het darem al teen voormalige kampioene soos Deontay Wilder en Charles Martin geboks.

Met Washington nie meer beskikbaar nie, het Jonathan Rice ingestem om Saterdag op kort kennisgewing in Newark in die Amerikaanse staat New Jersey teen Coffie te boks.

Rice het al 13 gevegte gewen, ses verloor met nog een wat gelykop geëindig het.

Coffie is nog onoorwonne ná 12 gevegte, waarvan hy nege met uitklophoue beklink het.

Die Amerikaner is al 35 jaar oud en het maar in 2017 vir geld begin boks.

Hy was eers ’n seesoldaat en het al twee keer in Afganistan diens gedoen.

• In hierdie stadium verloop die opbou na nog ’n toernooi die naweek – Saterdag in Brentwood, Engeland – darem gladder.

Xu Can van China sal dan sy veergewigtitel van die Wêreldboksvereniging teen Leigh Wood van Brittanje verdedig.

In nog ’n geveg kom die weltergewigte Conor Benn van Brittanje en Adrian Granados van Amerika teen mekaar te staan. – Sportredaksie, Boxing News

Meer oor:  Boks  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.