Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Covid-19 ontwrig weer Aussie-sport

’n Nuwe uitbreking van Covid-19-infeksies in Melbourne het Australiese sport op hete kole.

Australië se tweede grootste stad in die suidoostelike staat van Victoria het Dinsdag nuwe inperkings ingestel toe nege nuwe gevalle in die laaste twee dae aangemeld is.

James Tuttle van die Rebels in hul wedstryd Vrydag teen die Hurricanes in Wellington, Nieu-Seeland. Die Reds het met 13-35 verloor. Foto: Getty Images

Spelers en beamptes van die Aussie Rules-span die Western Bulldogs is in selfkwarantyn totdat hulle negatiewe toetsuitslae kan wys. ’n Personeellid van die klub het onlangs ’n winkelsentrum besoek, wat as ’n risiko vir moontlike Covid-19-besmetting beskryf is.

Die basketbalspanne Melbourne United en Melbourne Phoenix sal tydelik na Queensland skuif.

United sal in Brisbane, hoofstad van Queensland, wees totdat hulle Saterdag teen die Sydney Kings speel, terwyl Phoenix Dinsdag na Cairns aan die Queensland-kus sal reis.

Die staat Victoria het byna drie maande lank geen gevalle gehad nie. Die nuwe uitbreking het Nieu-Seeland Dinsdag genoop om alle kwarantynvrye reise tussen sy land en Victoria op te skort. Die reëling sal voorlopig vir 72 uur geld.

Suid-Australië het ook dadelik reisbeperkings ingestel.

Die nuwe beperkings kan ’n invloed op die Trans-Tasmaanse rugbykompetisie hê. Dit sal die vierde keer wees dat die Trans-Tasmaanse borrel ontwrig is.

Wat rugby betref, moet die Melbourne Rebels Vrydag na Queenstown in Nieu-Seeland reis vir hul wedstryd Sondag teen die Highlanders.

Victoria het tot dusver toeskouers by sportbyeenkomste toegelaat.

Vlugte na Wes-Australië is vroeër twee keer opgeskort.

Die Australiese gevalle word verbind met hotelle waar internasionale reisigers hul kwarantyn deurbring. – Reuters

Meer oor:  Australië  |  Melbourne  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.