Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Covid-19 steek dalk stok in Impey se wiele

Die Suid-Afrikaanse fietsryer Daryl Impey sal straks nie vanjaar ’n aanslag kan maak op ’n tiende nasionale titel in die tydtoets nie.

Daryl Impey wen hier die negende skof van die Tour de France in 2019. Foto: Getty Images

Fietsry Suid-Afrika het Vrydag aangekondig dat die nasionale padkampioenskappe wat van 4 tot 7 Februarie in Swellendam in die Wes-Kaap sou plaasvind, weens Covid-19 uitgestel is.

Dit sal nou waarskynlik van 18 tot 21 Maart plaasvind.

“Ons aanvaar dat dit moeilik vir ons ryers sal wees wat internasionaal deelneem om (in Maart) deel te neem. Ons sal Maandag verdere besonderhede verskaf oor die kwalifiserende kriteria vir die Olimpiese Spele in Tokio, die Paralimpiese Spele en die Wêreldkampioenskappe,” lui die verklaring.

Impey (36), ’n beroepsryer wat vanjaar vir die Israel Start-Up Nation-span ry, het die eerste van sy nege nasionale tydtoetstitels in 2011 gewen.

Ook Ashleigh Moolman-Pasio sal straks nie vanjaar Anriëtte Schoeman se rekord van sewe nasionale titels in die padwedren kan ewenaar nie.

Moolman-Pasio (35), ook ’n beroepsryer wat oorsee woonagtig is, het die padwedren reeds ses keer gewen. – Sportredaksie

Meer oor:  Daryl Impey  |  Ashleigh Moolman-Pasio  |  Covid-19  |  Fietsry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.