Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Covid-19: ‘Te vroeg om te praat oor Spele’
Twee toeriste staan Maandag buite die Kolosseum in Rome. Foto: Getty Images

Terwyl die gevreesde Covid-19-virus sy kloue in Europa begin inslaan, hou Japan vol dit is nog te vroeg om te praat oor die kansellasie óf skuif van vanjaar se Olimpiese Spele.

Dit is veronderstel om op 24 Julie in Tokio te begin.

Die nuwe koronavirus is in die nabygeleë China reeds by 77 000 mense gediagnoseer en bykans as 2 600 is al wêreldwyd dood.

Dit versprei nou wêreldwyd en al hoe meer gevalle word in Europa, veral Italië, en die Midde-Ooste aangemeld.

Katsoenoboe Kato, Japan se minister van gesondheid, is Dinsdag op ’n nuuskonferensie oor die Spele uitgevra, maar het gesê daar kan nie nou al oor die moontlike afstel daarvan gepraat word nie, berig Reuters.

Meer as een Londense politikus het al aangedui dat Londen gereed is om gasheer te speel sou die Spele noodgedwonge van Tokio verskuif moet word.

Meer as een Londense politikus het al aangedui dat Londen gereed is om gasheer te speel sou die Spele noodgedwonge van Tokio verskuif moet word.

Die moderne Olimpiese Spele is sedert sy ontstaan in 1896 net in 1916, 1940 en 1944 weens die wêreldoorloë nié aangebied nie.

Terwyl vrouespanne se wedstryde reeds uitgestel is, is organiseerders van die Sesnasies en die betrokke rugbyunies in gesprek oor die res van die reeks.

Mense in die noordelike streke van Italië toon reeds tekens van die Covid-19-virus, wat begin met griepsimptone.

’n Passasier wat Maandag vanaf Italië op die Debrecen-lughawe in Hongarye aankom se koors word getoets. Foto: Getty Images

Daar is toenemende kommer oor sportbyeenkomste waar duisende mense bymekaarkom.

Pro14-rugby- en Italiaanse Serie A-sokkerwedstryde is die afgelope naweek uitgestel.

Italië is op 14 Maart gasheer vir Engeland in die laaste Sesnasies-wedstryd.

Daar is ook kommer oor Italië en Ierland se kragmeting op 7 Maart in Dublin.

“Ons moet dié rugbywedstryd in aanmerking neem, want die situasie ontvou nog,” het Simon Harris, Ierland se minister van gesondheid, aan The Guardian gesê.

“Daar is nog baie dinge wat ons nié oor die virus weet nie en die pad wat dit kan volg. Ons sal in die volgende paar dae ’n paar groot besluite moet neem.”

Engeland en Wallis pak mekaar op dieselfde dag in Londen.

Intussen gaan sokkerwedstryde in die Europese Kampioeneliga voort.

Quique Setien, afrigter van Barcelona. Foto: Getty Images

Quique Setien, Barcelona se afrigter, sê hy is nie bekommerd oor sy spelers se gesondheid nie.

Die Spaanse klub speel Dinsdagaand in Napels teen Napoli.

Daar is streng kwarantyn-beperkings in Italië se noordelike streke van Lombardye en Veneto.

Al Barcelona se spelers en beamptes is vir die virus getoets toe hulle in Italië aangekom het.

Setien het gesê hy is jammer vir almal wat deur die virus besmet en daardeur geraak word.

“Ek hoop daar kan gou ’n oplossing gevind word, want dit is iets wat met enigeen kan gebeur.

“Ons is vir koors getoets, dit is al.” – Sportredaksie, Reuters, Team Talk

Meer oor:  Tokio  |  Italie  |  Japan  |  Covid-19  |  Gasheer  |  Olimpiese Spele  |  Chaos  |  Sport  |  Corona
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.