Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Crawford behou titel met uitklopsege

Die Wêreldboksorganisasie se weltergewigkampioen, Terence (Bud) Crawford, het die naweek sy titel suksesvol verdedig deur die voorheen onoorwonne Egidijus Kavaliauskas in die negende ronde met ’n tegniese uitklophou te stuit.

Koebaai Meraai. Terence Crawford kyk hoe Egidijus Kavaliauskas neersyg krytvloer toe in die twee se weltergewig-titelgeveg Saterdagaand in New York se Madison Square Garden. Foto: Getty Images

Die geveg is in New York se Madison Square Garden beslis.

Die Litouer het ’n moedige aanslag van stapel gestuur en selfs in die tweede ronde Crawford vir ’n oomblik met ’n groot regter planke toe gestuur.

Dit wou voorkom of hy dit in die derde ronde wéér vermag het, maar die skeidsregter het beslis die Amerikaner het gegly.

In die vierde ronde het die kampioen egter die pak dik begin aanmaak.

Dit het die uitdager fyn voetwerk en vasberade vasbyt geverg om staande te bly. In die sewende was die straf egter te erg en hy is krytvloer toe vir ’n telling van agt.

Crawford het bloed geruik. Twee rondes later, ná nog ’n pynigende sarsie, gevolg deur ’n verskriklike regter-haakhou, was dit nag Nella vir Kavaliauskas.

Die kampioen se wenrekord is ná dese 36-0, met 27 van die seges wat via die kortpad behaal is. Kavaliauskas het teruggesak na 21-1-1 (17 uitklophoue).

Die ander groot gevaarmanne in die weltergewig-afdeling is Manny Pacquiao (Wêreldboksorganisasie), Alexander Besputin (Wêreldboksvereniging) en Errol Spence (Wêreldboksraad en Internasionale Boksfederasie). – Reuters; Sportredaksie

Meer oor:  Boks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.