Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Titelgeveg: Dagga kan Tyson pootjie
Mike Tyson het die voormalige swaargewigkampioen George Foreman verbaas met sy goeie vertoning die afgelope naweek teen Roy Jones jr. Foto: Getty Images

George Foreman het sy woorde oor Mike Tyson se terugkeer na die bokskryt gesluk en dink nou die 54-jarige Tyson kan selfs weer die swaargewigkampioen van die wêreld word.

Daar is egter twee redes waarom dit nie sommer sal gebeur nie.

Eerstens wil Tyson net aan vertoongevegte deelneem en nie weer vir titels boks nie.

En tweedens sal Tyson nie ’n dwelmtoets slaag nie, omdat hy dagga rook en nie van plan is om op te hou om dit te doen nie.

“Luister, ek kan nie ophou rook nie. Ek moet net rook. Ek is jammer, ek is ’n roker. Ek rook elke dag,” het Tyson ná sy geveg die afgelope naweek teen Roy Jones jr. in Los Angeles gesê.

“Dis net wat ek doen en hoe ek gaan doodgaan. Daar is geen verduideliking nie. Daar is geen begin of einde nie.”

Aangesien sy kragmeting met Jones net ’n vertoongeveg was, is die dwelmtoets duidelik nie ernstig opgeneem nie.

Tyson het erken dat hy voor die geveg, wat gelykop geëindig het, dagga gerook het.

George Foreman het in 1994 verras toe hy vir Michael Moorer as swaargewigkampioen onttroon het. Foto: Getty Images

Tyson het ook gesê hy kry baie bevrediging uit liefdadigheidswerk en dat hy aan nog vertoongevegte wil deelneem.

“Ek is hier vir ’n doel. Ek is nie hier vir my ego nie. My ego vat die geld, koop ’n paar vliegtuie, ’n paar mooi huise, laai ’n klomp mooi vroue op en hou ’n orgie. Dis nie meer wie ek is nie,” het Tyson gesê.

Foreman (71) het in 1994, toe hy 45 jaar oud was, die oudste man geword om ’n swaargewigtitel te wen toe hy Michael Moorer onttroon het.

Foreman het Tyson en Jones se vertoongeveg verlede week as “tydelike waansin” beskryf.

Hy het egter intussen gesê dat Tyson hom verbaas het met sy vertoning.

“As hy so fiks kan bly soos hy nou is en hy kry sy tydsberekening reg en al die ander dinge val in plek, kan hy ’n kans kry om vir ’n titel te veg,” het Foreman gesê.

“As hy reg bestuur word, sal die regte kampioen na hom toe kom. En as die regte kampioen kom, kan hy hom uitslaan.”

Volgens Foreman het Tyson “fantasties” gelyk en moes Jones al sy vaardighede gebruik om te verhoed dat hy uitgeslaan word.

“Ek kon nie glo wat ek sien nie,” het Foreman gesê. – USA Today, Stuff.co.nz

Meer oor:  Roy Jones Jr.  |  Boks  |  Mike Tyson  |  Evander Holyfield  |  Dagga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.