Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Dakar in Saoedi-Arabië eis 1ste lewe

Die eerste Dakar-ren in Saoedi-Arabië het Sondag die lewe van sy eerste deelnemer geëis.

Die organiseerders het die dood van die Portugese motorfietsjaer Paulo Gonçalves op sosiale media aangekondig.

Die Portugese motorfietsjaer Paulo Gonçalves is Sondag in die Dakar-veldtydren dood.

Gonçalves, wat aan sy 13de Dakar-ren deelgeneem het, het net ná 10:00 in die sewende sneltrajek, sowat 276 km ná die begin, geval. ’n Mediese reddingshelikopter is om 10:08 na die ongelukstoneel gestuur waar paramedici die motorfietsjaer bewusteloos aangetref het nadat sy hart gaan staan het.

Die paramedici het hom in die helikopter op pad na die hospitaal probeer bybring, maar hy is met sy aankoms by die Layla-hospitaal dood verklaar.

Die 40-jarige Gonçalves, wat sy Dakar-buiging in 2006 gemaak het, het vier keer onder die toptien geëindig, waaronder as naaswenner agter Marc Coma in 2015. Hy was ook die 2013-veldtydren-wêreldkampioen.

Gonçalves, wat op ’n Hero-motorfiets vir die Hero-motorsportspan gejaag het, was algeheel 46ste nadat hy Donderdag in die vyfde sneltrajek meer as ses uur verloor het nadat sy Indiese motorfiets se enjin onklaar geraak en vervang moes word.

Gonçalves het egter nooit moed opgegee nie en daarna pal onder die voorste tien geëindig.

“My doel is nou om die ren klaar te maak en net my beste te doen,” het hy gesê nadat hy weens die nuwe enjin nie meer vir die algehele louere in aanmerking kon kom nie.

“Ek wil net elke dag beter doen en dit is waarna ek streef,” het hy nog Saterdag op die rusdag buite die hoofstad Riaad gesê.

* Saamgestel deur Johann Verster uit Twitter, Telegram, motorsportmedia.co.za, dakar.com

Meer oor:  Dakar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.